Zika-virus kan glo Guillain-Barré veroorsaak

Aedes aegypti-muskies soos gesien deur 'n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File

Aedes aegypti-muskies soos gesien deur ‘n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File

’n Studie wat in Frans-Polinesië gedoen is, waar baie mense die Zika-virus onder lede het, toon dat die virus in 2,4 gevalle uit elke 10 000 tot die Guillain-Barrésindroom kan lei. Dit sal egter nie die enigste oorsaak wees nie.

Die nuwe studie, wat deur prof Arnaud Fontanet gelei is, word vandag in die mediese vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer. Hy is van die Instituut Pasteur in Parys.

Normaalweg veroorsaak die Zika-virus die breintoestand mikrosefalie, en is nou veral in Brasilië ’n groot probleem waar die Olimpiese Spele later vanjaar plaasvind. Dit word deur muskiete oorgedra.

Die studie het bevind dat 20 keer soveel gevalle van Guillain-Barrésindroom in Frans-Polinesië voorkom as voor die Zika-virus daarheen versprei het. In byna al die gevalle wat ondersoek is, het dit geblyk dat die pasiënt onlangs deur die Zika-virus besmet is.

Nie alle kenners is egter nog oortuig van die bevindinge nie.

Lees meer: The Lancet, Belga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Ag Maroela, ons is nie almal kenners op die mediese gebied nie. Kan u asseblief verduidelik wat is die simtome van hierdie siektetoestand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.