Zika-virus lei wel tot geboortedefekte

Aedes aegypti-muskiet soos gesien deur 'n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File

Aedes aegypti-muskiet soos gesien deur ‘n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File

Amerikaanse navorsers het bevind die Zika-virus veroorsaak wel geboortedefekte.

Dit veroorsaak onder meer dat babas met ongewoon klein koppies gebore word. Die navorsers van die Amerikaanse Centres for Disease Control and Prevention het ’n groot aantal gevallestudies, veral in Brasilië, gedoen asook deur talle verslae gewerk om tot hul gevolgtrekking te kom.

Dit is al ’n geruime tyd aanvaar dat die virus, wat seksueel en deur muskiete oorgedra word, die defekte veroorsaak, maar is nou eers afdoende bewys.

Intussen word die studie voortgesit om te bepaal of die virus nie in ander gevalle breindisfunksies veroorsaak wat eers op ’n later ouderdom waarneembaar is nie. Hulle is bekommerd dat die gevalle wat nou voorkom net die oortjies van die seekoei is.

Intussen het nog ’n Amerikaanse navorser gewaarsku dat die bedreiging van die Zika-virus vir die VSA onderskat is. “Elke aspek van die virus waarna ons kyk, blyk meer skrikwekkend te wees as wat ons aanvanklik gedink het,” aldus dr. Anne Schuchat van die Centres for Disease Control and Prevention tydens ’n voorligtingsessie by die Withuis.

Bronne: TheTelegraph, Rollingout

Lees alle vorige berigte oor die Zika-virus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Die groot ses waarvan die raakskiet (muskiet) as nommer ses na my mening die gevaarlikste is. Ek reken hierdie outjie gaan nog wêreldwyd die snoeiskêr inlê om die aanwassing van die wêreldbevolking in toom te help hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.