Zika-virus: Wydverspreide oordrag glo onwaarskynlik

Aedes-muskiete word bestudeer Foto: Felipe Dana/Associated Press

Aedes-muskiete word bestudeer Foto: Felipe Dana/Associated Press

Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) het gesê die VSA sal waarskynlik nog gevalle van die Zika-virus aanmeld, maar wydverspreide oordrag is glo onwaarskynlik in dié land.

“Ons verwag ongelukkig dat Puerto Rico en die Amerikaanse Maagde-eilande waarskynlik baie infeksies van dié virus sal beleef, en talle Amerikaanse reisigers sal met Zika-infeksies terugkeer,” het Tom Frieden van die CDC Maandag in ʼn meningstuk gesê, wat deur CNN gepubliseer is.

Die Zika-virus word deur muskiete oorgedra.

Frieden het verduidelik dit is waarskynlik dat geïsoleerde gevalle van die virus – wat hoofsaaklik swanger vroue en fetusse beïnvloed en breinskade in pasgebore babas veroorsaak, binnekort in Amerika gesien sal word. Hy het egter bygevoeg ʼn wydverspreide oordrag van die virus blyk onwaarskynlik te wees.

Amerika het intussen aangekondig dat hy twee inentings vir die virus ondersoek en kliniese proewe sal in 2017 begin.

Die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) het Maandag met ʼn krisisvergadering begin om te bepaal of die Zika-virus as ʼn wêreldwye gesondheidsnoodtoestand afgekondig moet word. Die laaste keer wat die VN se gesondheidsagentskap ʼn noodtoestand afgekondig het, was in 2014 tydens die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika. ʼn Soortgelyke afkondiging is die vorige jaar oor polio gedoen.

Dr. Margaret Chan, direkteur-generaal van die WGO, het gesê die vlak van kommer is “uiters hoog”, alhoewel daar nog nie bewyse is dat Zika verantwoordelik is vir die toename in die aantal babas wat in Brasilië gebore word met ongewone klein koppe nie. WGO-beamptes het gesê dit kan tussen ses en nege maande duur voor wetenskaplike bewyse gevind kan word.

Lees alle vorige berigte oor die Zika-virus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

johny ·

brics lande .Lyk of dit swaar gaan . sanksies teen rusland.probleme in brasilie..problem in china .probleeme in Suid Afrika.probleme in indie. Die persone wat wereld gebeure dophou sal weet waarvan ek praat.Finansieel gaan dit ook baie noustrop met al die lande

Jan ·

Die virus is ‘n klug.
Die WGO mislei mense met syfers – nes laasjaar met Ebola.
Maar Brasil bied die olimpiese spele aan. Hou dop.
Dit is om die skade van Monsanto se “GMO” te verberg en Bill Gates se “GMO” muskiete.
Lees gerus Jon Rappoport se ondersoek hiervan.

Trolle ·

Jan jy is reg die virus word gemaak.Mense gaan doen self naforsing oor GMO terwyl julle nog toegelaat word,want die tyd is min.Hoop net julle sal die skok kan hanteer wat alles aan mense nou gedoen word.

Freud ·

Die virus kom veral voor in ‘n gedeelte in Brazilie waar daar genetiese gemodifiseerde muskieete vrygelaat is. Gaan lees meer daaroor in Global Research. Dit is kommerwekkend en geensins ‘n klug nie!

Jan ·

Koos – die virus bestaan.

Ek het dalk verkeerd uitgedruk – wat vir ons vertel word oor dit is ‘n klug of wanvoorstelling.

Net iets anders om oor na te dink – Suid Amerika en karibiese eilande is die laaste plek op aarde wat met hul sterk katolieke beginsels nie glo aan aborsies en ander vorme van populasie reduksie nie. Die maatskappy Oxitec is wat die muskiete versrei het en is befonds deur die Bill en Melinda Gates Foundation. Maar soek maar soos Trolle sê. Daar is oor 1000 klagtes in Indië teen Bill Gates vir populasie moord. Ongelukkig is baie van die wetenskaplikes wat teen hom kon getuig aan boord gewees van die vermiste Malaysia Air 2 jaar gelede.

John ·

Dis ‘n ernstige probleem. Die muskiete kan ook na ons hoe reenvalgebiede versprei as dit met invoere uit daardie dele en deur toerisme die land binnekom. Suid-Afrika is miskien die liefling van die wereld soos ons geagte visepresident na bewering sou gese het, maar mukiete kyk nie tv nie. Sulke peste kan nie ligtelik opgeneem word nie.

Liewe Heksie ·

So asof ons nie genoeg virusse het om mee te cope hier in SA nie

Theresa ·

Wens muskiete het tv gekyk – dan kon hul sien hoe graag ek hul met muskietdoder uitwis.

johny ·

As julle sien die grootkoppe in die wereld word vervang met kleinkoppe dan moet julle weet dat die viruses wel bestaan en dit Vereenvoudig met n baie hoe spoed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.