Zikavirus ‘nie ʼn bedreiging’ vir Olimpiese Spele

Grafika: Anis-Instituto de Bioética

Grafika: Anis-Instituto de Bioética

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het, in samewerking met die ministerie van buitelandse sake van Brasilië, vrese dat die Zika-virus die Olimpiese Spele in Rio in Augustus kan beïnvloed, weerlê.

“Die WGO benadruk dat die Zika-virus in Brasilië geen rede is om die Olimpiese en Paralimpiese Spele te skuif of te kanselleer nie,” het die ministerie in ʼn verklaring gesê.

Volgens die ministerie stel Brasilië steeds alle data aan die WGO beskikbaar wat bewys dat knokkelkoors en ander siektes wat deur die Aedes aegypti-muskiet oorgedra word, gewoonlik laag is in Julie en Augustus. Danksy die regering se voorkomingsmaatreëls sal dié vlakke na bewering selfs nóg laer wees.

Brasilië het glo ook bykomende maatreëls in plek gestel in Rio de Janeiro en die Olimpiese dorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ignorant ·

Agterlike lande het die neiging om alle standaarde af te skiet, net soos ons wat die amerikaanse ambassade se waarskueing oor aanvalle nou aflag.

Luister ·

Daar is geen manier dat hulle alle muskiete kan doodmaak, of sorg dat niemand siek word nie.
As dit so maklik was; sou daar mos ook nie meer malaria wees nie.

John ·

…. as die baie gif wat gespuit is, nie self die mense afmaai nie. Die Olipiese komitee moet soos Fifa ondersoek word. Waarom die spele in die’ arm land wat skynbaar self in rommelstatus verkeer en polities onstabiel is, gekies is vir so ‘n duur sportgeleentheid sal net hulle weet. Miskien staan Zimbabwe ook ‘n goeie kans. Nou Zika en strande wat glo besmet is met hoogs gevaarlike kieme. ‘n Plek wat ‘n ongeluk soek om te gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.