Zim begroot miljoene om boere te vergoed

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Die Zimbabwiese regering het Maandag gesê hy gaan vanjaar nog duisende boere vergoed wat destyds hul grond weens grondhervorming aan die hand van voormalige pres. Robert Mugabe verloor het.

Volgens Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa is daar vanjaar $17,5 miljoen (sowat R245 miljoen) begroot om boere te vergoed wat sowat 20 jaar gelede hul grond weens grondhervorming verloor het.

Reuters het Maandag berig die plaaslike regering hoop dat dié vergoeding ʼn einde sal bring aan ʼn hoogs verdelende kwessie in dié land wat tydens die bewind van Mugabe begin het.

Sowat 4 500 boere is destyds van hul plase afgesit waarna dié grond herverdeel is onder ongeveer 300 000 swart gesinne. Die regering het geglo dat grondhervorming ongelykhede uit die koloniale era sou herstel.

Mnangagwa het in ʼn verklaring gesê die eerste betalings sal gedoen word aan boere wat in finansiële nood verkeer, terwyl vergoeding later ten volle sal geskied.

Die onderskeie departemente van landbou en finansies het in ʼn verklaring gesê die registrasieproses en lys van boere wat vergoed behoort te word, moet teen einde April vanjaar voltooi word waarna die tussentydse voorskotbetalings direk aan voormalige boere of plaaseienaars betaal sal word.

Luidens die verklaring is die proses om spesifieke boere te identifiseer en te registreer vir vergoeding onderneem deur die Kommersiële Boere-unie (CFU) asook ʼn komitee wat boere verteenwoordig.

’n Komitee wat uit regeringsamptenare en voormalige plaaseienaars bestaan evalueer ook tans verbeterings wat op die plase aangebring is. Ook dié proses moet teen volgende maand afgehandel wees wanneer die spesifieke bedrag wat aan boere betaal moet word, bepaal sal word.

Volgens Reuters onderhandel die Zimbabwiese regering tans met finansiële instellings oor hoe om dié bedrag aan boere te betaal.

Boere sal slegs vergoed word vir infrastruktuur en verbeterings op die plase en nié die grond self nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Arie ·

Ek hoop die anc leer iets hieruit maar ek twyfel of hulle die soort intelligensie het

Frank ·

Nie die grond nie? Ek is seker van hulle het die plase by ander boere gekoop en dan aktes van die staat ontvang..?

Frikkie Geld en huis ·

Zimbabwe het laankal nie meer ‘n aktekantoor nie. Hul het dan nie eers meer hul eie geldstelsel nie. Regte Afrika land.

John ·

Die IMF en ander instellings wil nie vir die Zim-regering lenings toestaan nie en die graderingsinstellings en die buiteland bly negatief gevolglik soek die prez nou witvoetjie en deel aalmoese uit aan die eens vooruitstrewende wit boere… niks van die verbeteringe staan seker nog nie so die uitbetalings gaan op zero staan… Oy!

Realis ·

So……jy koop byvoorbeeld n rou onontwikkelde plaas vir R20 Miljoen rand. Jy bou beeskrale en n huis en le water aan wat jou R3 miljoen gekos het oor etlike jare waarin jy ook die plaas af betaal. Nou nou al hierdie jare betaal hulle jou as jy gelukkig is se weer R3 Miljoen rand uit………………………..2 +2 maak nie 4 nie !!

Somme ·

Presies $54,444.44 per boer. Betaal nie eers vir die eerste boorgat nie!

Siener van Melbourne ·

Ai MM, die hele berig gaan oor boere wat vergoed gaan word vir grond wat hulle destyds verloor het (en julle sê wel ‘grond’), en dan sluit julle die laaste paragraaf af met boere word nie vir hulle grond vergoed nie maar slegs vir infrastruktuur en verbeteringe. Wysig asb die inhoud dienooreenkomstig.

Donderstorm ·

En wat van die boere wat hul lewens verloor het? Geen geld sal dit kan verander nie

? leser ·

zimbabwe het nie eers geld om hul blakers skoon te hou nie, waar de duiwel gaan hulle die geld kry???????

Chris ·

Aan die een kant is ek nogal verheug om te sien dat daar “indirek” erken word dat grondhervorming nie die oyp gerook het nie en dat onteiening oftewel afsetting bevele nie die antwoord was en SAL wees in enige land nie,n goeie voorbeeld vir Suid afrikaanse regering as hulle dalk ekonomiese groei wil bevorder……dalk eendag,vir nou speel ek maar die lotto ?.sonder te veel “verwagtinge”

Ja Nee ·

Afrika sal nooit leer nie, sal vir ewig en altyd derde werelds bly. Bestaansboere dit is al wat hulle kan wees.

marous ·

Hoop al die boere stuur hulle in hul maai in , met hul dollars en al … as beginsel saak.

Jana ·

Hierdie is n poging om buitelandse beleggings te lok. Hul het klaar n lang plan om weereens die Weste wol oor die oë te trek.
Watter verbeterings aan grond is nog oor? Absoluut niks!
Hoop Afriforum is slaggereed om die Weste in te lig oor die nuwe skelmstreek!

Ai. ·

Jip nadat hulle die blanke boere oneindige skade berokken het en hul lewens heeltemal ontwrig en verwoes het wil hul die Zim regering hul nou net nie eens n kwart van hul verliese terug gee van wat hul verloor het..Daai totale bedrag wat die Zim regering begroot is sekerlik net genoeg kompensasie vir n paar plase so klein die bedragie…
Hul die Zim regering is soos skelms en wil nou minimaal terug betaal vir maksimaal verliese om die sanksies teen hul gelig te kry maar die boere sal dit sekerlik vat want hul gaan niks verder kry nie, maar die sanksies moet bly….NO DEAL!!!

Jandre ·

Mag die Boere self praat asseblief? Ek wil dit liewer van die Boere self hoor en verifeer.

HPV ·

Maak die sommetjie, belaglike, lagwekkende vergoeding. Kan net in Afrika gebeur.

Sangoma ·

Weet julle waarom dra hy altyd (soos in altyd) daai serpie om die skouer? As die wêreld die rede hoor, sal niemand meer enigiets met Zim te doene wil hê nie.

Alida ·

Te min te laat. Baie van daai boere het selfmoord gepleeg agv van hulle.

Prof Snipe ·

Daar is bewerings daai serpie is deel van ‘Juju Magic.’

Ben ·

Daai bedraggie lyk vir my “awesome” klein. Wat kos ‘n gemiddelde plaas? Wat van die geboue, toerusting, voorraad, ens wat geneem was. So hy gaan een boer vergoed? Waar gaan hy kos kry vir sy mense? Ons gaan definitief nie tot UN se voedsel program bydra vir Zimbabwe nie. Belaglik.

fred ·

ek weet hulle soek al lank geld van die UK om hiervoor te betaal…hulle self is bankrot

potkop ·

En wat van al die mense wat met hulle lewens betaal het, of ernstigge beserings en en en op gedoen het… Hierdie storie laat my dink aan die ou storie van as jy jou kind pakslae gee en daarna ‘n suigstokkie… Dit maak mos nie sin nie… In Afrika kan alles mos LATER reg gemaak word met ‘n Geldjie of ‘n T-hemp of ‘n KFC… Wanneer sal hierdie mense eendag verstaan dat ons nie so werk nie. Jy kan ons nie so koop nie… Doen bietjie die regte ding van die begin af man.

potkop ·

‘n baksteen in daardie tyd kos baie meer vandag… So hoe bepaal jy waarde van jare terug in vandag se geld? Infrastruktuur is ook maar lekker skelm want om ‘n spyker in te slaan, kort jy ‘n hammer ook… gate kort grawe… dink net aan alles wat agter gelaat is… in baie gevalle kos die “tools” meer as die infrastruktuur…

Dina ·

Sal graag wil hoor wat van daardie plase geword het en of hulle ooit nog bestaan?

honourable member ·

Sal baie graag wil weet waar al die miljoene vandaan gaan kom. Hierdie land kan homself nie eers help nie wat nog van die boere. Sekere weer SA wat geld gaan “sponsor”

Hennie ·

Word net vir verbeterings betaal? Van daardie verbeterings is daar nie ‘n duit oor nie, alles opgemors en afgebreek.

VanAfrika ·

Die vorige Rhodesiese boere moet weier om daardie nuttelose geld te vat, ter ere aan hul buurman en die se families wat net so wreed vermoor was soos ons boere van vandag

Judge Dredd ·

Ek twyfel of hul bedoel het Amerikaanse dollars.

Hoeveel is ‘n Zim dollar nou weer ?

wilma ·

Ek vermoed hulle gaan geld kry deur die regters se verspotte perdehaarpruike te verkwansel!!

George in Bloem ·

Hahahahaha!!! Rerig??!!Eerste April is lankal verby man.

RERIG ·

EK BRAND om te weet hoe gaan julle nadat ALLES OP DIE PLASE VERNIETIG, afgebreek en afgebrand is die boere vergoed SLEGS VIR DIE VERBETERINGS OP PLASE, nie vir die grond nie?? LOS DIT MAAR< die wittes is in elk geval beter af SONDER Julle .julle is net nie beter af sonder hulle nie . maar hoe jy 'n boer vergoed vir VERBETERINGS terwyl daar FIETOL op daai plase oor is weet NUGTER alleen …

Stuiwer ·

Ek dink dis fantastiese nuus! Of SA daaruit sal leer, is ‘n ope vraag.

HPV ·

Die berig noem $17.5 miljoen (R245 miljoen) Dit is waarskynlik Amerikaanse $. Sou hulle dit deel tussen 4500 boere laat dit vir elkeen ongeveer R54000 ($3848) wat belaglik is. Sou sommige boere meer kry laat dit die ander met nog minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.