Zim-dokter vermis, vermoedelik ontvoer

ʼn Zimbabwiese dokter is oor die naweek na bewering in dié land ontvoer – oënskynlik weens sy eise om ʼn menswaardige loon.

Volgens die Zimbabwe Hospital Doctor’s Association (ZHDA) het niemand weer van dr. Peter Magombeyi gehoor nie sedert hy Saterdagaand ʼn WhatsApp-boodskap uitgestuur het waarin hy sê dat hy deur drie mans ontvoer is.

Dit kom te midde van Zimbabwiese dokters wat verlede week vir beter lone, toerusting en medikasie in staatshospitale gestaak het. Dokters in dié land verdien sowat R3 000 (200 Amerikaanse dollar) per maand.

Dokters voer aan die voormalige president, Robert Mugabe, se onlangse afsterwe in ʼn hospitaal in Singapoer is ʼn aanduiding van hoe sleg gesondheidsdienste in Zimbabwe is.

Die ZHDA beskuldig nou die staat se veiligheidsmagte daarvan dat hulle Magombeyi moontlik ontvoer het weens sy rol in die organisering van verlede week se werkonderbrekings.

Nelson Chamisa, leier van die MDC Alliansie, Zimbabwe se opposisieparty, het op Twitter gesê dit breek sy hart om te weet dat Magombeyi se familie met vrees gevul is oor wat moontlik met hul geliefde kon gebeur het.

“Dr. Magombeyi se misdaad was slegs om te vra vir ’n menswaardige loon vir sy beroep. Dit is ’n weerspieëling van die probleme wat ontstaan uit die weiering om politieke hervormings te implementeer,” het Chamisa gesê.

Die Zimbabwiese regering onder leiding van Emmerson Mnangagwa het nog nie op die dokter se verdwyning kommentaar gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Heksie ·

Emersohn blyk maar nie ‘n veel beter president te wees as sy voorganger nie … en sy landgenote wat hier in SA bly, beaam dit.

Klasie ·

As jy twee skerpioene in ‘n boks gooi, maak hulle mekaar dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.