Zim gaan gebuk onder brandstoftekort

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Zimbabwe se minister van energie en kragontwikkeling, Joram Gumbo, sê verskaffers dring aan op vooraf betaling voordat hulle bereid is om brandstof aan die mark beskikbaar te stel.

“Die land word steeds aan bande gelê ten opsigte van buitelandse valuta, terwyl daar talle uiteenlopende aansprake op die beskikbare buitelandse valuta is,” het hy Woensdag gesê, en byvoeg brandstof is beskikbaar by die depots Msasa, Feruka en Mabvuku, maar sal eers afgehaal kan word nadat die nodige buitelandse valuta betaal is.

Die Reserwebank van Zimbabwe voorsien weekliks buitelandse valuta vir brandstofinvoer, gewoonlik op Dinsdag, aangesien van plaaslike handelaars verwag word om vooruit kontant te betaal.

Die tekorte kom ten spyte van berigte dat die regering ʼn ooreenkoms gesluit het met die sakemagnaat Kudakwashe Tagwireyi se Sakunda Holdings vir die verskaffing van 100 miljoen liter brandstof.

Sakunda Holdings het ʼn 51/49%- gesamentlike onderneming met die Singapoerese firma Trafigura International.

Die Zimbabwiese regering het in Oktober aangekondig dat hy gesprek voer met Sakunda vir ʼn miljard-liter-ooreenkoms vir brandstof, wat voorrade sal verseker tot April 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

IK ·

Ai toggie, help asb. Cyril. Uit ons oorvloed behoort daar ietsie te wees?

Haha ·

Dalk kan ons n paar bokse toner/ ink stuur vir die drukwerk en n paar rieme papier

Pieterv ·

Geagte Mnr die president,
Hier is nou n goue geldmaak geleentheid!
Onse petrolprys gaan mos nou daal so,
voer miljoene liter teen die ou prys uit na Zim!! Ons sal self met n tekort sit maar hier’s die briljansie van die plan….ons voer eenvoudig brandstof van Botswana af in teen hulle goedkoper prys!!
Oulik nê?

Chris Ws ·

Sasol het ‘n paar jaar gelede brandstof voorsien aan Zim teen net11 sent per liter om hulle uit ‘n verknorsing te help.Hier kan dit weer gebeur en ONS gaan die kostes/verlies dra!

Andre Kaap ·

Malema en sy BLF maaitjies moet maar dophou, hulle verafgod mos die Zimmers.

Colleen ·

Ag SA moenie dat hul so suffer nie. Gee vir hulle ‘n oorvloed.

marous ·

Dis die kolonialiste se skuld , want hulle het voertuie en brandstof enjins uitgevind . Ook die kolonialiste se skuld dat daar nie ruil handel is nie , want hulle het valuta uitgevind .

Andre ·

Dat n politikus so dom kan wees om dieselfde flop resep te gebruik.

Judge Dredd ·

Wat het geword van die Zim profeet wat water in brandstof kon verander?

Julle moet hom maar nader vir hulp…

Ralph ·

Ja nee laat hul eers betaal voor hul brandstof kry. Het mos mooi geleer by hul SA boeties by die munisipaliteite. Eskom gee vir ons krag. Verbruiker betaal vir die krag dan kan ons maar geld vir onsself hou sonder om Eskom te betaal vir krag gelewer.

Nikita ·

Hulle moet maar die donkie of perde-karre begin inspan..of gebruik daai pare bene en laat julle voete raas!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.