Zim-hoë bedank omdat ‘Mugabe onwettig omvergewerp is’

Zanu PF (Foto: ANA)

Ambrose Mutinhiri, ʼn Zanu-PF-wetgewer en voormalige minister in die Zimbabwiese regering, het sy bedanking uit die regerende party Sondag bevestig.

Mutinhiri sê hy het besluit om sy bedanking in te dien aangesien die Zimbabwiese Weermag (ZDF) in November verlede jaar oudpres. Robert Mugabe ongrondwetlik deur middel van ʼn staatsgreep tot ʼn val gebring het.

Mutinhiri, Mashonaland se voormalige minister van provinsiale regering, sê hy het sy bedanking reeds Vrydag aan Jacob Muzenda, speaker van die parlement, oorhandig. Die rede vir sy bedankingsbrief was volgens hom die onwettige omverwerping van Mugabe deur Emmerson Mnangagwa deur middel van die staatsgreep.

Hy sê die Zimbabwiese regering en openbare instelling is “gekaap” deur die weermag – volgens hom ʼn oortreding van die land se grondwet.

Mutinhiri het in sy brief gesê as opgeleide soldaat, voormalige vryheidsvegter en bevelvoerder tydens die bevrydingstryd, voormalige diplomaat en voormalige kabinetsminister is hy bewus van “Zimbabwe se bevrydingstryd”.

“Die wesenlike waardes en beginsels van Zimbabwe se bevrydingstryd en die land se grondwet vereis dat gesag [om dié besluite te neem] van die mense [inwoners van die land] afkomstig is en nie deur middel van ʼn geweer nie [die weermag],” het hy gesê.

“Die ZDF-staatsgreep van 15 November het ʼn gekoesterde erfenis van ons bevrydingstryd en grondwetlike demokrasie geskend.”

Volgens Mutinhiri het die ZDF sy posisie misbruik “om die gewere waarmee hulle toevertrou was om die land se soewereiniteit te verdedig” in te span ten einde beheer oor die regering en die Zanu-PF te neem.

Hy het ook die parlement daarvan beskuldig dat hy nie die grondwet van Zimbabwe onderhou het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Daar is altyd iemand om sy plek te vul. Wou hy gehad het meer mense moet onder hongersnood ly terwyl Mugabe in weelde leef. Nou kan die land weer opgebou word en die kosmandjie word wat dit eens lank gelede was.

Boerboel ·

Opmerklik dat hy nie so begaan was oor die grondwet tydens Mugarbage se skokkende onwettige vergrype nie.

Alida ·

Ja Ben ek stem ons minister van gesondheid moet eerste waai. Hoeveel mense moet nog doodgaan? Kyk nou na die verwerkte vleis en hoender. NOU skrik hy wakker. Te laat.

Yankee ·

Hoe bedoel oom nou? Vele het mos alreeds daar by julle bedank, of lees ek verkeerd.

Manie ·

Die man se geheue is baie kort. Kan bleikbaar nie onthou hoe hulle Zanu aan die bewind gehou het met die loop van n geweer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.