Zim-jagter in hof oor Cecil die leeu

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Theo Bronkhorst (52), ʼn jagter van Zimbabwe, het Woensdag in die Hwange-landdroshof verskyn.

Bronkhorst word daarvan beskuldig dat hy op 1 Julie ʼn onwettige jag gereël het op ʼn plaas naby die Hwange Nasionale Park waartydens Cecil, ʼn bekende leeu in Zimbabwe, doodgeskiet is.

Bronkhorst se kliënt Walter Palmer, ʼn tandarts van Amerika, word intussen gesoek vir ondervraging deur die Zimbabwiese polisie nadat hy Cecil glo met aas en ʼn soeklig gelok en toe met ʼn boog geskiet het. Die leeu is gewond en is eers die volgende oggend doodgeskiet.

Bronkhorst se saak is tot 28 September uitgestel. Sy medebeskuldigde Honest Ndlovu, die eienaar van die plaas waar Cecil geskiet is, is nog nie aangekla nie, maar mag aansoek doen of verplig word om ʼn staatsgetuie in die saak te word.

Volgens talle regskenners in Zimbabwe sal die maksimumstraf in die saak ʼn boete van sowat R5 000 of een jaar tronkstraf wees.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Cecil die leeu op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.