Zim kry nog hulp na sikloon

Die bydrae sluit meer as 2 000 ton sorghum, groente-olie en graanprodukte in. (Foto: ANA)

Amerika het vandeesweek nóg $2,5 miljoen, sowat R35 miljoen, aan slagoffers van die verwoestende sikloon Idai in Zimbabwe geskenk deur middel van die internasionale ontwikkelingsagentskap, USAID.

Dit volg nadat dié land reeds $10 miljoen, sowat R140 miljoen, in humanitêre hulp aan slagoffers in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi geskenk het wat deur die sikloon geraak is.

Sikloon Idai was een van die dodelikste storms wat dié suidoostelike Afrika-land in dekades getref het en nedersettings is in hul geheel deur vloedwater meegesleur. Die sikloon het die stad Beira in Mosambiek verlede maand getref voordat die sterk winde en swaar reën na Zimbabwe en Malawi beweeg het.

Volgens ʼn verklaring is die jongste bydrae gemaak ter ondersteuning van gebiede in die Manicaland-provinsie in Zimbabwe wat swaar onder dié sikloon deurgeloop het – meer as 100 000 mense in dié gebied is deur die sikloon geraak.

“USAID sal deur die Wêreldvoedselprogram (WVP) werk om onmiddellike voedselverligting aan ongeveer 133 000 [slagoffers] te verskaf wat deur die sikloon in die Chimanimani‑ en Chipinge-distrikt geraak word,” het die organisasie gesê.

Luidens die verklaring sal dié bydrae van meer as 2 000 ton sorghum, groente-olie en graanprodukte kom van die organisasie se pakhuis in Durban in KwaZulu-Natal.

Amerikaanse ambassadeur Brian Nichols het gesê “die humanitêre hulp van USAID sal lewens red en lyding verlig soos mense begin herbou ná sikloon Idai.”

Die finansiële hulp sal onder andere bydra om slagoffers van water, sanitasie en skuiling te voorsien.

Eddie Rowe, ʼn direkteur by die WVP, het gesê die bydrae kom op die regte tyd om mense te help wat nog sukkel om te herstel van die verwoestende impak van sikloon Idai soos hulle begin om weer hul lewens op te bou.

Volgens die verklaring het minstens 181 mense verlede maand weens sikloon Idai in Zimbabwe omgekom en 270 000 mense is sedertdien van hulp afhanklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jerry ·

Alle Zimbabwiers, behalwe die regering was die afgelope paar jare afhanklik van hulp. Die sikloon het behalwe vir verwoesting ook nou uitkoms met die hulp gebring vir die oorlewende behoeftiges. So saam met die ellende van sosialisme en n sikloon is daar uitkoms danksy n westerse kapitalistiese demokratiese instelling. Uiters ironies om die minste te se!

Joe ·

Dis darem verbasend hoe gou ‘n Afrika land bakhand kan staan na ‘n ramp, maar voor die ramp van die arroganste is, en Amerika ook nog nie geleer om nie geld te stuur nie, maar bv kos en klere. Geld word definitief nie aangewend vir die wat getref is deir die ramp nie.

John ·

Was die sikloon ‘n ramp of ‘n uitredding? Die een se dood is ‘n ander se brood. Al die plakkers op die vloedvlaktes van die Zambesie en laagliggende onbewoonbare dele, is weer op die prioriteitslys van die Weste. En welsynsgroepe skep heerlik uit die mandjies van die goedgunstige gewers… menslike simbiose?

willem Botha ·

Hulle staan nou bakhand en kry weer verniet ,pleks leer die VSA hulle hoe om maatreëls in plek te stel dat sou so ramp weer voorkom hulle voorbereid kan wees om dit self te hanteer.

GM ·

Die mense gaan gehelp word, en later gaan hul vergeet wie hul gehelp het. Dit is maar hoe dit werk. Maar hul bly mense, mense met kinders, mense met geliefdes. Dis skokkend om te sien hoeveel mense hul verlekker oor dié ramp as ek so oraloor op sosiale media die kommentare lees.
Ek raak ook kwaad oor al die rassehaat, ek raak ook kwaad as almal gou hulp kan aanvaar as daar nood is, maar ander tye mens soos skuim behandel net oor jou velkleur, maar ons hoef nie ons menslikheid te verloor en onsensitief te raak oor ander se lyding, en hul als wat sleg is toewens nie.

piper ·

die westerse kapitaliste lande wat gehaat word deur die meeste lande in afrika bring nou weer hulp vir hulle. waar is die oosterse koministe nou om te help soos china rusland ens. wanneer amerika elke jaar deur n sikloon getref word is niemand wat hulle help nie. japan het na die verwoeste aardbewing in n baie kort tyd self herstel. afrika kan maar net nie na homself omsien nie en sal ook nooit dit kan doen nie.

Dries du Toit ·

Nou kry hulle kos. More is hulle magies vol dan vloek hulle Amerika en Trump

Andrew ·

Soos met alle Afrika lande, hoop ek dis hulp en nie geld wat gegee is nie.

wraggies ·

Gelukkie vir die Zim regering, hulle sal ‘n lekker “kommisie” op ‘n manier kan bysit aangesien hulle dit alles verniet kry.

Maljan ·

Godbis hulle genadig. Hulle kry nou vis. Hopelik leer dit hulle om seld vis te vang. (By wyse van spreuke. )

Maljan ·

God is hulle genadig. Hulle kry nou vis. Hopelik leer dit hulle om seld vis te vang. (By wyse van spreuke. )

David Potgieter ·

Ja, wag net ‘n jaar dan kry jy al die “donasies” te koop in spaza winkels.

HPV ·

Afrika sal altyd hulpbehoewend wees, binnekort sal Suid Afrika ook op die bakhand lys verskyn. Hierdie mense is geleer die wêreld skuld hulle iets, hulle hoef nooit te werk nie want daar sal altyd gegee word, vervang en reggemaak word. Dit is om van siek te word. Na anc/eff/blf se nuutste uitsprake behoort die minderheisgroepe ook hul beursies toe te maak, laat hulle self sien kom klaar.

Anoniem ·

Wat ‘n gerusstellende gedagte is dit nie, net om te weet dat GOD in beheer is ? ALLES wat ons IS en HET is in elk geval net genade

Ons moet almal net DANKBAAR wees ???? dat ons MAG LEWE !!!

Vissie ·

Amerika leer ook NIKS nie … more skel hulle weer TRUMP as ‘n RASSIS uit .. neewat .. as jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.