‘Zim nie gereed vir geloofwaardige verkiesings nie’

Zimbabwe

Zimbabwe is nog nie gereed vir ʼn vry, regverdige of geloofwaardige verkiesing nie, het ʼn afvaardiging van waarnemers van die VSA, Europa en Afrika Vrydag gesê.

Die voorverkiesing assesseringsgroep, wat uit die Internasionale Republikeinse Instituut (IRI) en die Nasionale Demokratiese Instituut (NDI) bestaan, het aan verslaggewers gesê hulle hoop dat die kwessies wat hulle aangeroer het in hul verslag aan die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC), suksesvol opgelos sal word.

“Alhoewel die IRI-NDI-vervaardiging verskeie merkwaardige verbeterings in die politieke omgewing en verkiesingsvoorbereidings opgemerk het, in vergelyking met vorige verkiesings, is daar ʼn aantal beduidende geleenthede om met die verlede te breek wat misgeloop is,” het David Dreier, ʼn voormalige kongreslid van die VSA, gesê. “Ons het gevolglik steeds kommer oor die regverdigheid van die proses.”

Die groep het aan Priscilla Chigumba, voorsitter van die ZEC, aanbeveel dat die weermag publiek moet instem dat hy die presidensiële kandidaat wat die verkiesing wen, sal ondersteun, ongeag hul politieke verbintenis.

Die groep het ook gesê die verkiesingsliggaam moet toelaat dat daar betekenisvolle waarneming plaasvind deur politieke partye vir die aanskaffing, drukwerk en stoor van stembriewe, en dat daar ook ʼn behoefte is vir omvattende opleiding vir kiesers oor die anonimiteit van hul stem.

Die afvaardiging het ook aan ZEC gesê ʼn finale kiesersrol, wat geanaliseer kan word, moet aan alle politieke partye versprei word, asook besonderhede hoe die uitslae aangekondig sal word.

Catherine Noone van die Ierse Senaat het gesê daar is nog baie wat gedoen kan word in die volgende paar dae voor die verkiesing. “Ek dink daar is ʼn atmosfeer van hoop wat in die land bereik kan word. Ons hoop om ʼn deursigtige verkiesing te sien.”

Die huidige pres. Emmerson Mnangagwa het die internasionale waarnemers na sy land genooi. Hy is aan bewind ná ʼn staatsgreep in November verlede jaar waar die 93-jarige Robert Mugabe ontsetel is ná 37 jaar sedert onafhanklikheidswording.

Zimbabwe se verkiesing vind op 30 Julie plaas. Mnangagwa kom te staan teen die opposisie MDC-alliansieleier Nelson Chamisa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.