Zim pleit vir vrede voor groot betogings

Emmerson Mngangagwa, president van Zimbabwe.

Zimbabwiese pres. Emmerson Mnangagwa het Donderdag by burgers van dié land gepleit om vreedsaam te betoog en geweld te verwerp te midde van oproepe van die opposisie-MDC dat mense in hulle massas opruk.

Mnangagwa het in ʼn twiet gesê hy herhaal sy vorige uitnodiging aan opposisieleiers om samesprekings te voer.

Die MDC het gesê die beoogde landwye betogings is in protes teen die verslegtende ekonomiese toestande en om te vra vir dialoog tussen MDC-leier Nelson Chamisa en die president.

“Die pas afgelope vakansie het ons weer daaraan herinner dat samehorigheid ons grootste bate is,” het Mnangagwa gesê.

“Ek herhaal my onderneming aan opposisieleiers dat my deur en my arms vir hulle oop is.

“Onluste en vernietigende geweld moet verwerp word. Vreedsame, opbouende gesprekke is die enigste weg vorentoe,” het hy gesê.

Daar is vrese dat die betogings, wat onder die vaandel van “Shut down Zimbabwe” gehou word, in geweld gaan ontaard, soos wat al voorheen die geval was.

Die polisie en ander veiligheidsagentskappe is reeds op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas, terwyl jongelinge in die regerende Zanu-PF gesê het hulle gaan die optogte in die wiele probeer ry.

Sosiale media gons ook oor die beoogde betogings, met mense wat dit óf steun óf as teenproduktief afmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
George in Bloem.

Moet se die “shutdown” besigheid klink so bekend. Dis presies hoekom dit gaan soos dit gaan deesdae in die deel van die wereld……

Michiel

Streng wetstoepassing met die loop van n geweer teen weerlose mense die bloed sal vloei en mense sal sterf.

James

Julle het julle bed gemaak nou moet julle met deal. As julle mense vermoor en weggejaag het, sit jy met wat nou gebeur.

Hoe gaan dit met fie grond wat julle so graag wou he en gevat het?????

Johanna Botha

Kyk net hoe gaan dit in zim …en die joke is hulle sit met al die grond en geen ekonomie of kos om te eet nie …was n sukses verhaal !

Awie Opperman

Dieselfde Zanu-PF sou verwoesting gesaai het as hulle nie aan bewind was nie. Die skynheiligheid skree ten hemele. Nog ‘n vryheid suksesverhaal, maar die hele wêreld is stil oor die ondergang van die gewone Zim burger omdat die onderdrukker swart is.