Zim-prokureurs betoog oor geregtigheid

Prokureurs in Zimbabwe het in Harare aan ʼn optog deelgeneem (Foto: ANA Reporter)

Prokureurs in Zimbabwe het Dinsdagmiddag in Harare aan ʼn betoging deelgeneem om te eis dat geregtigheid in die land herstel word en dat die regering nie verder sal inmeng in hofprosesse nie.

Die optog het van die Prokureursorde se kantoor tot by die konstitusionele hof plaasgevind, waar hulle ʼn petisie oorhandig het.

“No to command justice”; “We demand return of rule of law”; “Justice, not malice”; |Civilian courts and not court martial”, lui van die plakkate.

Die prokureurs het stadig na die hoogste hof in die land gestap en gesê hulle volg die “spoed van geregtigheid”. “Kom ons stap net so stadig as wat geregtigheid in die hof geskied,” het een prokureur aan sy kollegas gesê.

Hulle eis dat die weermag se betrokkenheid in siviele sake dadelik gestaak moet word.

Beatrice Mtetwa, menseregteprokureur, het gesê die respraktisyns eis dat die oppergesag van die reg in die land herstel moet word, dat die Grondwet gerespekteer sal word, en dat alle regte, wat met hofsake verband hou, gerespekteer sal word.

“Dit hou spesifiek verband met huidige vervolgings wat bespoedig word sonder enige voorverhoorverrigtinge; prokureurs wat toegang geweier word tot kliënte; beseerde persone wat sonder mediese behandeling in aanhouding bly; en, sommer net in die algemeen, hofsake wat buite regverdige en onpartydige geregtigheid geskied,” het sy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

IK ·

Skerp oog Swapie! Dis nou wat met ‘n 30% slaagsyfer gebeur. Goeie kandidate vir Absa se toppos MITS die skynsel reg is . . .

Johanna Botha ·

Zim van gebalde vuiste na bakhand staan en vlug uit die land waar hulle al die grond het en die mense in uiterste armoede leef en die regering nie sy werkers kan betaal nie …wat n reuse sukses is zim nie …geen simpatie ! En SA gaan seker weer help en so die swak gedrag van die regering beloon ?

MarieM ·

Ag Swapie hulle wou net nog klem lê op die “IMMEDIATETLY” :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.