Constantino Chiwenga, adjunkpresident van Zimbabwe, is Saterdagaand na ʼn hospitaal in Kaapstad gehaas.
Daar was nie enige kommentaar van die Zimbabwiese regering nie en pres. Emmerson Mnangagwa se woordvoerder, George Charamba, het nie sy telefoon beantwoord nie.
Die African News Agency het egter vertroulik verneem dat Chiwenga na die Groote Schuur-hospitaal geneem is “in ʼn bedenklike toestand”. Volgens die bron is Chiwenga Saterdagaand na Kaapstad gebring.
Chiwenga het in Oktober verlede jaar by ʼn hospitaal in Johannesburg behandeling ontvang. ʼn Woordvoerder van die regering het later gesê dit was weens beserings wat hy tydens die vryheidstryd in die 1980’s opgedoen het en uitputting.
Is daar nie hospitale in Zimbabwe nie? Wat van daardie gewone burgers? Die grootkoppe word na die beter gestuur….
Ek wonder ook!
Ek wonder hoe word die hospitaal rekening en dokters rekenings betaal. Seker maar ons belastingbetalers.
Nee man met Zim-$. Hoor dit word nou op n sekere rol papier gedruk. Stuur n rol saam om die rekening te betaal.
Is daar nie Kubaanse Dokters in ‘n Zim hospitaal wat na jou kan omsien nie? Wat van al die mediese studente wat Zim na Kuba toe gestuur het vir opleiding? Was dit nie suksesvol nie? Ek hoop jy word gou gehelp hier in Kaapstad…..deur ‘n Zimbabwe Dokter!!!
Mugabe vlieg na hospitale in Zwitserland en Hong Kong. Hy t ook niks vertroue in sy eie mense nie.
Waarom gaan dokter Malema nie sy mentors daar nie?
Wie betaal hiervoor??? Ons!!! Ons ken hom nie eers nie en hy lyk ook nie baie honger nie!
Goeie een willie ?
Beserings wat hy gedurende die vryheids stryd opgedoen het, hoeveel Suid Afrikaners wat gedurende daardie tyd op die Grens was kry sulke voorkeur behandeling.
Die land wat hy vrygemaak het beskik nie oor die nodige dokters wat hom moet behandel, dit wil voorkom of dit nie ‘n vryheids stryd was, eerder geleentheid om alles tot niet te maak.
Gaan terug na jou eie land, laat jou vryheidsvegters jou behandel.
Wat maak hy hier? Dis dan “mode” om behandeling in Rusland te kry
Stuur hom terug Zim toe… Nou!!
Hoop nie dis een van ons staatshospitale nie…hy sal zim nie weer sien. Stem saam met almal hier bo. Waar is sy hospitale dan ?
Hoop dit is!
Pateties, lagwekkend dat hulle dan geen probleem het met kolonialisme en wit dokters nie! Hewige ontnugtering wag egter op hulle, hierdie en ander skaars beroepe is tans besig om hierdie land met spoed te verlaat vir dieselfde redes wat hulle die res van die Afrika verlaat het. Derde wêreldse verval!
Ja en ons kolonialistiese dokters is nou ewe skielik goed genoeg as dit by behandeling kom.
Stuur hom terug, wat soek hy hier
All are equal, some are just more equal than others…. waar het ek dit nou weer gehoor….?
Teen die tempo wat geen “maintenance” in SA gedoen word nie..en implementering van sogenoemde staats medies..kan die ou bly wees hy kry nog hulp..oor paar maande van nou af gaan ons waarheen vlug, sal nie so gelukkig wees soos hy nie, want daar sal net vervalle geboue oorwees en armoede in SA, beter gestel ‘n 2de Zimbabwe!!
Boek hom in by ‘n Staats Hospitaal!!
JV
Ek stem saam met jou. Laat hy voel hoe dit is om 10ure in ‘n gang te lê en hoop jy word gehelp.
Mugabe het altyd na een of ander Oosterse land (watter een nou weer?) gegaan vir mediese behandeling en vir sy vrou se onversadigbare inkopietogte.
Daar was en is immers al lang jare niks meer op die rakke in Zim nie.
Hierdie was egter bietjie te dringend en toe kom dit sommer net oor die grens.
Kan staatshospitaal in Pta ‘aanbeveel’. Deesdae Steve Biko genoem.
Was daar Kubaanse dokters om Zim hoë hartlik te ontvang? Of diegene wat van hier af so in Kuba gaan treusel het?
So, nou is ons goed genoeg en dit nogal in die Kaap. Die vliegtuig se GPS is seker stukkend of die nuutste sagteware kon nie beskostig word nie.
En die res van die mense in zim moet maar vat wat hulle kry
Wil ek ook weet Hannetjie.
Ag, Heksie wat is n ou hospitaal rekeninkie nou tussen ZIM en SA as daar alreeds sowat 7 miljoen Zimbabwiers onwettig in ons and is neh? :-) Nee jong ons eie land is al klaar in soveel moeilikheid ek weet nie.
Ja en al 7 miljoen kry gratis behandeling ten koste van ons eie landsburgers wat agter hulle moet inval by klinieke en hospitale, vra maar jou eie werkers. Dan moet ons belastingbetalers nog pa staan vir die koste ook. Ons subsideer hul brandstof en elektrisiteit. Kry Zim burgerskap en woon hier vir koninglike behandeling!
Senet,,,,,,, julle warry oor Zim, mense dit is ons dai oor n paar jaar. Al kan jy dit bekostig sal ons iewers oor die water mediese hulp moet gaan soek.
Wat! Is daar nie eers ‘n goeie hospitaal daar in Zim nie. Maar so gaan dit as alles tot niet gaan.
Siestog, ek hoop dis nie te ernstig nie en dat hy gou weer beter voel.
Het hy dan nie n medies nie?? Wel ek hoop hy betaal nes ons wanneer ons in die staats hospitale beland
Nee wat gaan terug na jou eie land toe en gaan daar na n hospitaal toe/.
Berig sê hy is na “hospitaal gehaas”. Indien hy nie hierrond gehang het nie, is daar seker ‘n vliegtuig met brandstof en vlieënier hiervandaan gestuur vir hom.
SA se ANC regering het sulke koddige vriendjies.
“Vryheidstryd” , vroeër toe ons nog moed gehad het, het ons dit iets heel anders genoem.
Elke tweede Jan Rap en sy maat maak aanspraak op iets wat klaarblyklik deesdae iewers in die heldekategorie ingeforseer is.