Zim se #ThisFlag-pastoor vrygelaat, klagtes laat vaar

Pastoor Evan Mawarire se #ThisFlag-ondersteuners buite die landdroshof in Harare, Zimbabwe (13 Julie 2016) Foto: ANA

Pastoor Evan Mawarire se #ThisFlag-ondersteuners buite die landdroshof in Harare, Zimbabwe (13 Julie 2016) Foto: ANA

Die leier van die #ThisFlag-veldtog in Zimbabwe, pastoor Evan Mawarire, is Woensdagaand vrygelaat nadat die landdroshof in Harare bevind het sy inhegtenisneming was ongrondwetlik.

Mawarire, wat verantwoordelik is vir die groot hoeveelheid Zimbabwiërs wat verlede week van die werk af weggebly het, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo geweld aangehits en die vrede verstoor het in die gebied.

Staatsaanklaers wou die hof oorhaal om die klag in ʼn meer ernstige aanklag te omskep dat hy die staat ondermyn het, maar prokureurs het gesê dit is teenstrydig met die grondwet.

Harrison Nkomo, vir Mawarire, het ure ná die normale hofdag tot ʼn einde gekom het, nog voor landdros Vakai Chikwekwe betoog, en gesê die aanklagte in die hof is anders as die aanklagte waarop Mawarire in hegtenis geneem is by die Harare-polisiestasie.

Die landdros het ingestem en beslis dat Mawarire se inhegtenisneming ongrondwetlik was. Die aanklagte is laat vaar en die pastoor is vrygelaat. Mawarire is onder luide toejuiging buite die hof begroet deur honderde toeskouers.

Die aanklagte, dat Mawarire pres. Robert Mugabe se regering wou omverwerp, was só erg dat sy prokureurs besorg was dat die pastoor selfs vrygelaat sou word op borgtog en dat hy “ʼn baie lang tyd” in die tronk sou spandeer.

Mawarire is Dinsdag in hegtenis geneem toe hy ʼn verklaring by die polisie wou aflê dat hy die massa-wegblyaksie gereël het op sy #ThisFlag-webwerf. Hy het Zimbabwiërs aangemoedig om hul vlag terug te vat en ʼn staking deur staatsamptenare te ondersteun wat nie hul Junie-salarisse ontvang het nie.

Sy boodskappe het inwoners oorgehaal om te betoog teen die 92-jarige Mugabe se swak bestuur van ʼn sukkelende ekonomie waar daar nie meer genoeg geld in die banke is sodat arm werkers hul lone kan onttrek nie.

Zimbabwe gebruik Amerikaanse dollar sedert hy sy eie geldeenheid in 2009 laat vaar het toe dit waardeloos geraak het weens buitensporige inflasie en wanbestuur van die ekonomie.

Mawarire het Zimbabwiërs, voor sy inhegtenisneming, oorgehaal om vandeesweek Woensdag en Donderdag weer die wegblyaksie te ondersteun. Hy ondersteun vreedsame betogings.

Lees alle vorige berigte oor Zimbabwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vissie ·

Maroela, mens kry nie landdroshowe in Zimbabwe nie. Daar is dit magistraatshowe. Landdroshowe en landdroste vind mens net in Suid-Afrika.

Sune van Heerden ·

Dagsê Vissie

Dankie, ons dra kennis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.