Zim-veldgids deur leeu verskeur

Quinn Swales. Foto: Facebook

Quinn Swales. Foto: Facebook

ʼn Veldgids is Maandagoggend deur ʼn leeu verskeur toe hy ʼn safari-staptoer in die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe gelei het.

Quinn Swales (40), ʼn opgeleide Zimbabwiese gids, het ʼn groep toeriste op ʼn fotografie-safari gelei toe ʼn leeumannetjie onverwags die groep bestorm het.

Camp Hwange Zimbabwe, die maatskappy vir wie Swales gewerk het, het op sy Facebook-blad gesê Swales het alles moontlik gedoen om die toeriste te beskerm. “Ons kan bevestig dat Quinn alles in sy vermoë gedoen het om sy gaste te beskerm en hul veiligheid te verseker. Geen gaste is tydens die voorval beseer nie. Quinn is vanoggend [Maandag] oorlede weens die beserings wat hy op die toneel opgedoen het.”

Die maatskappy het sy medelye teenoor Swales se familie uitgespreek.

Swales se Facebook-blad het aangedui dat hy van Trelawney in Zimbabwe afkomstig was. Die foto’s op sy profiel het ook sy liefde vir die natuur, motorfietse en vlieg uitgebeeld.

Daily Mail het berig die mees onlangse foto wat op sy blad geplaas is, is een van Cecil die leeu wie se verhaal onlangs opslae gewek het toe hy tydens ʼn onwettige jagtog doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Baie hartseer dat so iets moes gebeur. Hy was duidelik n dapper man en is sekerlik n held in al daai gaste se oë. So persoon behoort n toekenning te kry al moet sy familie dit ontvang, helde is min gesaai soos die. Baie sterkte aan sy familie.

Inge ·

Dit is simpel om so iets te gaan staan en se. Hierdie man het nie het vir die natuur gewerk, nie teen die natuur nie. Hy het probeer om mense meer bewus te maak van die natuur. Dit is baie hartseer en jy moet dit so ligtelik opvat nie, ‘n man het sy lewe verloor.

alida ·

Mens tart nie wilde diere nie. Wild beteken wild en los hulle uit in hulle omgewing.

Dave ·

Baie debatteerbaar wat jy sê Alida. Genoeg so dat ek met jou verskil. Dit is omdat mense meer en meer natuurbewus en natuurbeskermend word, dat wildreservate ontwikkel word. Indien jou mening ondersteun sou word, sal dierelewe nie kan gedy nie want ons bou stede in die ruigtes en verdryf diere. Gelukkig is daar mense wat hulle met diere bemoei en hul voortbestaan verseker. Sowat een honderd treë van waar ek woon is een van die grootste akwariums (indien nie die grootste) in die Suidelike Halfrond. Gebou deur mense wat diere nie uitlos maar deel is van die wat seker maak dat bedreigde spesies voortbestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.