Zim-verkiesing: Drie betogers doodgeskiet

Soldate in Harare. Foto: ANA

Drie mense is Woensdag tydens gewelddadige betogings in Zimbabwe doodgeskiet toe soldate glo met skerp ammunisie op die skare losgebrand het.

Honderde woedende ondersteuners van die MDC-alliansie het Woensdag na die verkiesingskommissie se kantoor in Harare opgeruk en geëis dat die uitslae van Maandag se verkiesing bekend gemaak word. Dit was die eerste verkiesing sedert die bedanking van pres. Robert Mugabe.

Die betogings het gevolg nadat die Zimbabwiese Verkiesingskommissie aangekondig het dat die Zanu-PF tot dusver die meerderheid setels in die parlement behaal het.

Die MDC-alliansie beweer daar was onreëlmatighede. Ondersteuners van die opposisie het klippe buite die verkiesingskommissie se kantoor gegooi en advertensieborde met die gesig van pres. Emmerson Mnangagwa (75) afgebreek. Mnangagwa, ʼn voormalige bondgenoot van Mugabe in die regerende Zanu-PF, het oorgeneem ná Mugabe bedank het.

Mnangagwa se regering het Nelson Chamisa (40), die opposisieleier, en sy ondersteuners daarvan beskuldig dat hulle geweld aanhits deurdat hulle verklaar het dat Chamisa, ʼn prokureur en pastoor, die verkiesing gewen het.

Die Europese Unie se verkiesingswaarnemers het “ernstige kommer” uitgespreek rakende die verkiesingsproses. Volgens die EU-waarnemingsmissie het die verkiesing nie “’n werklik gelyke speelveld bereik nie” en was daar “misbruik van staatshulpbronne, gevalle van dwang en intimidasie, partydige gedrag deur tradisionele leiers en openlike vooroordeel in staatsmedia”.

Die Verenigde Nasies en die internasionale gemeenskap het ʼn beroep op die leiers en inwoners gedoen om kalm te wees.

Die uitslae van die verkiesing is nog nie bekend gemaak nie. Die verkiesingskommissie het gesê hy sal teen vandag [Donderdag] kan bevestig wanneer die uitslae van die verkiesing amptelik bekend sal wees.

Intussen het die land se polisie gesê bepalings van sy Wet op Openbare Orde en Veiligheid is in werking gestel en die polisie sal saam met die weermag kalmte in die land herstel.

Die einste wetgewing is onder Mugabe se administrasie gebruik om verdeeldheid te onderdruk.

Betogers brand voorwerpe. Foto: ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Dis baie sleg as mense nie hulle sin kry nie dan plunder hulle

Anoniem ·

Welkom in Afrika : Mugabe het getjaila en nou sit Zimbabwe met wat hy GESAAI het ! Wat ‘n SKANDE !!!!!!!!!

Adam ·

Die mense van Zimbabwe was baie naief om te dink alles gaan post-Mugabe handomkeer verander, net soos SA se mense naief is om te dink dat Cyril ‘n towerstaffie gaan swaai en alles verander eensklaps ten goede.

Vreemd ·

Nou word daar drie betogers doodgeskiet en die wereld is stil, as betogers in die post apartheid era doodgeskiet word in SA, verdwyn die sake ook maar net so stil stil .. maar HECTOR PETERSON is vandag nog ‘n ikoon .is dit nie vreemd nie?

leser ·

wat se mentaliteit het die “betogers”, brand alles as hulle nie hul sin kry nie

Tokkie ·

Dis niks nuuts in Zimbabwe nie, die ZANU PF sal wen tot die einde van die wereld, so het hulle nog altyd die verkiesings gekook, nes die vorige een wat die MDC ook eintlik gewen het en Tsvangerai se vrou eers dood is in ‘n motorongeluk en toe hyself aan kanker gesterf het .. So wangle hulle maar alles in SA om die DESPOTE in beheer te hou. Mugabe moes al lankal gelig gewees het maar het geklou tot teen die einde en is deur een van sy eie mense uitgehaal, die OPPOSISIE in enige AFrika land staan NOOIT ‘n kans nie .. as daar nie ‘n staatsgreep uitgevoer word nie HEERS die regerende partye TILL KINGDOM COMES

Frans C ·

Dit was bloot ‘window dressing’ want dit is wensdenkery dat die militêre afstand van hul posisie met al sy voordele gaan doen.

Theresa ·

Vieslik. Ek wonder wanneer stroom die stemmers nou weer terug om hier te kom nes skrop.

Wanda ·

Dalk moet daai weermag hier kom draai, hulle vat nie…..nie. hier sal die stak8ngs vinnig stop gesit word of liewer plundery

marous ·

En geen van die libs in hierdie land maak ‘n mondjie tuit oor die skerp ammunisie nie.

anti lib ·

Die libs is bietjie stadig om wakker te skrik – dis al eintlik bietjie te laat vir hulle.
Hulle gaan nerens he waar hulle verwelkom gaan word nie. En ek praat wereldwyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.