Zim-weermag glo in beheer; staatsgreep steeds ontken

Foto: ANA

Te midde van berigte dat die Zimbabwiese weermag in beheer van die hoofstad Harare is, word daar steeds ontken dat ʼn staatsgreep plaasgevind het.

Die weermag het via die staatsbeheerde media ontken dat ʼn staatsgreep uitgevoer word en gesê persone naby pres. Robert Mugabe, wat as misdadigers beskou word, word geteiken, maar dat die president en sy gesin veilig is.

Daar word egter ook beweer dat van Mugabe se familielede reeds die land verlaat het, waaronder van sy kinders. Ander berigte sê Mugabe en sy vrou, Grace, is onder huisarres.

Foto: ANA

Alle veiligheidsmagte is deur die weermag vermaan om hul samewerking te verleen. Volgens berigte is alle toegang tot die parlement en regeringsgeboue in Harare versper.

Militêre voertuie is oral in die stad te sien en motors word voorgekeer en deursoek. Daar is ook berigte van ontploffings en geweerskote in die hoofstad. Volgens African News Agency was daar Woensdagoggend ʼn onheilspellende stilte in die strate van Harare terwyl liedjies van die oorlogtyd oor staatsbeheerde radio- en TV-stasies gespeel is.

Emmerson Mnangagwa en sy vrou. Foto: ANA

Emmerson Mnangagwa, wat verlede week deur Mugabe as adjunkpresident afgedank is, is volgens berigte terug in Zimbabwe. Daar word beweer dat hy moontlik beheer oor die land se regering kan neem. Mnangagwa het op Twitter gesê hy is terug in Zimbabwe en dat hy oor die volgende paar dae gaan besig wees. “’n  Weermag-geleide oorgangsfase sal nou die weg baan vir ‘n vreedsame, vry en regverdige demokratiese verkiesing,” het hy gesê.

Daar is intussen talle onbevestigde berigte dat Igantius Chombo, minister van finansies, in hegtenis geneem is. Daar word ook beweer dat ministers Jonathan Moyo en Saviour Kasukuwere in aanhouding is.

Nog berigte beweer ʼn vlug het vanoggend van die lughawe in Harare vertrek en dat dit na Suid-Afrika op pad is. Op die webtuiste Flightradar kon daar vroeër een vlug in die omgewing van Harare gesien word.

David Coltart, Zimbabwe se voormalige minister van onderwys, sport en kuns en kultuur, het gesê alles verloop vreedsaam in Bulawayo. “Dit blyk dat dit wat gebeur gemik is op interne prosesse van die Zanu-PF eerder as ʼn aanval op nasionale instellings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ja hoor ·

EN so het Mugabe gedink hy gaan in die tuig sterf, so het hy werklik gedink HY is in beheer en het gemaak en gebreek soos hy wil en dat hy vir ewig gaan heers . Hoop regtig dit is nou die einde van sy tirannie, hoop net nie hy en sy tannie en stoute seuns vlug hierheen nie.

Lola ·

Ek hoop ook nie so nie. Ek hoop ook nie hulle verwag ons ‘army’ gaan hulle help nie….dit sal ‘n bittere teleurstelling wees…………..

HPV ·

Watter “army”, ons “army” kan homself nie eers help nie.

Martie Robinson ·

As ‘n gebore Rhodesier bloei my hart vir daardie land en my familie wat nog moedig staande bly daar. Grace se suster is Mbeki se vrou. Hulle sal sekerlik hiernatoe kom, hoe dan anders. Net nog meer moeikikheid vir ons.

Kykmooi ·

Zuma het klaar vir hom ‘n suite ingerig by die presidentshuis – voëls van eenerste vere

Elvira bothma ·

Koek en tee word seker al van vroeg af voorberei daar in diePresidensie in Pretoria.

klavia ·

dream on! as die weermag betrokke is, voer hulle gulsige Grace se bevele uit. almal weet mos van haar en die kolonel. maar hy is seker lankaaaaal n generaal of dan min van verdediging.

MyAnna ·

En so huisves ons dan op ons belansting swaar betaal, die Mugabe gesin for ever and ever amen

zoom zoom ·

SA is ook in ‘n staatsgreep wat gedoen word deur die zumas – guptas – anc en vakbonde. So wat maak zimbabwe so spesiaal??

49 ·

Hoekom was daar gepraat met Chinese militere mense n week of wat terug, julle sien dalk binnekort Chinese soldate op ons grense. Watter ex-dienspligtige sal nog vir hierdie land baklei, ek dink daar is defnitief baie min.

Johann Marx ·

Ek het baie jare gelede voorspel dat Bob besig is om Zim voor te berei vir die blanke bevolking van Suid Afrika. Die gemors hier word al groter, en die nood daar al meer…..As Bob verwyder is, gaan hulle ons boere smeek om daar te kom ploeg, plant en oes…..Ek het die hele geskiedenis van Zim in hulle geldwaarde: 2 Zim Dollar note – tot by 500 Biljoen Zim Dollar note!!

ELRINE ·

ek het so paar maande terug gehoor dat Mugabe en Zuma familie is. nie seker hoe die konneksie werk nie.. maar dit laat dinge meer sin maak hoekom hulle al ewig opstaan vir mekaar

Pieter ·

Sal dit nou nie wonderlik wees as ou bob en grace dieselfde totsiens van Zim kan kry as wat Ceausescu en sy vrou te beurt geval het nie.

Jannie van Niekerk ·

Kloppetieklop…
en daar sit ou Mal Bob
sonder sy cozy Job.
Hy wil mos u land se bates rob!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.