Zim-weermag onttrek ná staatsgreep

Emmerson Mnangagwa kort nadat hy tydens ʼn seremonie in Harare, Zimbabwe as die nuwe president van dié Afrika-land ingesweer is (24 November 2017) Foto: AP Photo/Ben Curtis

Zimbabwe se weermag het Maandag operasie “Restore Legacy” beëindig wat tot ʼn suksesvolle staatsgreep gelei het en Robert Mugabe verlede maand as president ontsetel het.

Soldate sal nie meer padblokkades op snelweë en by die lughawe beman nie en sal na hul barakke terugkeer, het weermagbevelvoerder Phillip Valerio Sibanda aan verslaggewers in Harare gesê.

Die weermag gee nou alle polisiëringspligte oor aan die nasionale polisiemag, het Sibanda verduidelik.

Die weermag het laat in November begin om mag oor te gee aan die polisie nadat die land na “normaal” teruggekeer het toe pres. Emmerson Mnanagagwa ingesweer is, wat Mugabe vervang het ná sy bewind van 37 jaar.

Die weermag het op 15 November beheer oorgeneem van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Só maklik ·

Só maklik en dis afgehandel met een stap, nie 738 stappe.

Nettie ·

@Alida – dié Zimbabwiërs wat dans, skreeu, brandsteek en klipgooi is in SA ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.