Zimbabwe doen weg met Zim-dollar

zimbabweVan Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zim-dollars vir Amerikaanse dollar omruil, aangesien Zimbabwe glo nou heeltemal met sy eie geldeenheid wil wegdoen.

Om een Amerikaanse dollar te kry, moet 35 biljard Zim-dollar (35 met vyftien nulle) ingeruil word.

In 2008 was Zimbabwe se inflasiekoers 500 miljard persent. Pryse het twee keer per dag gestyg. In daardie jaar het die noot met die grootste “waarde” verskyn – 110 triljoen Zimbabwiese dollar.

Zimbabwe gebruik al etlike jare ’n meervoudige stelsel waardeur ook ander geldeenhede in gebruik is. Die mees algemene is die Amerikaanse dollar en die Rand.

Die Zim-dollar is in die buiteland effe meer werd waar die geldeenheid weens die groot getalle wat daarop aangebring is by versamelaars gewild is.

Trouw

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Gert Perd ·

En Bob is die voorsitter van die AU, wat ‘n goeie rol model oor hoe om ‘n land se finasies te bestuur, hy word ook as ‘n held gesien deur Zuma, wat ‘n gemors spul, sjoe!!!

nico ·

Sal nie werk nie tensy hulle ook van oom bob en sy vrou onslae raak

Fred ·

ek het al aantal kere in Zim gaan werk doen en hulle is baie aangename mense
skoon land ,hulle toy -toy nou nie so baie nie,maar ek dink maar soos in ons eie land is die problem by die leiers wat die land regeer.

Berhalet Beukes ·

Maar Bob skel dan al wat ‘n witmens is, wat wil hy nou net die Amerikaanse dollar doen? Mal man!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.