Zimbabwe se regbank het £118 000 spandeer aan pruike van die Verenigde Koninkryk terwyl talle howe vervalle is en nagenoeg tweederdes van die bevolking onder die broodlyn leef.
Owerhede het onder skoot gekom vir die 64 handgemaakte perdehaarpruike van Stanley Ley Legal Outfitters in Londen teen ongeveer £1 850 elk, het die Zimbabwe Independent berig.
Die Zimbabwiese regering sukkel steeds met brandstof- en medisynetekorte aangesien die inflasiekoers die hoogste ooit is sedert 2008.
“Die toestande in Zimbabwe se howe is haglik en tog kan hulle geld iewers kry om pruike te koop,” het Arnold Tsunga van die Internasionale Kommissie van Juriste (ICJ) aan die Times gesê.
Die omstrede bestelling het ʼn debat ontketen of Zimbabwiese regters van die pruike moet ontslae raak, wat nog as ʼn oorblyfsel van die koloniale era beskou word.
“Dis verstommend dat ons in Zimbabwe ons teen kolonialisme uitspreek, maar tog bly ons nog meer koloniaal as die koloniseerders,” het Beatrice Mtetwa, ʼn prokureur gebaseer in Harare, aan die Guardian gesê. “ʼn Normale litigant sal geïntimideer word as jy in ʼn hof instap met regters wat só belaglik aangetrek is. Hoekom trek ons nie behoorlik aan nie? As ons pruike wil dra, hoekom maak ons dit nie op ons eie manier nie? Hierdie pruike is vir wit regters bedoel – ons lyk belaglik.”
Nou waar staan uncle bob? Of het sy pruik nog nie gearriveer nie?
Tipies baie koloniale gebruike word nog steeds gebruik onder hulle siestog
Belaglik siek en eenvoudig. Wonder hoeveel van die geld wat van die buiteland vir die sikloonslagoffers gekom is is vir hierdie klomp idiote se pruike gebruik
Belaglik! Die ekonomie is vernietig daar is nie eers kos nie. Geen prioriteteite nie.
Vir my in elk geval ń belaglik idee vir wit en swart. Waarom die pruike? Is hulle slimmer as hulle dit op het?
As ek na party uitsprake luister, dan dink ek hulle word dommer met die belaglike uitrustings.
Aard so reg na Robert, gee geld uit wat hulle nie het nie
??????
Hulle het die grond en alles en nogsteeds is dit n gemors ! ? !
Siestog, kyk hoe verspot lyk hulle.
Hahaha, het jy al Hunger Games gekyk…. Die wat het sal presies weet…
O my genade
Mense sit die vreemdste goed op hul koppe en lyk erg belaglik.
Koningin E se wagte, deur die eeue!
Napoleon se vreemde diehoek hoed.
Sommige lande se polisie.
Die pous.
Eilandstamhoofde en rooihuide met hul veredos, ens. ens.
Dan voel die draer daarvan tog so belangrik. Kyk, hier is ek!
Zimbabwe is besig om ‘n 2de Suid Afrika te word.
Skerp, baie skerp.
Hoekom doen hulle nie afstand van kolonialisme nie? Ek dog dit was ‘n belediging en baie sleg.
Hulle dink seker die pruike lat hulle slim lyk?
So ironies. Dink dit sê nogal iets van hulle ware intelligensie
En kou is hulle super slim asb maar hulle mense het nie kos om van te lewe nie.
Mooi man mooi
Ek onthou toe ou moegabes gese het”Blair you and your England………..” en kyk nou, jaag nog steeds di tridisies na van di kolonialiste. Hahaha klomp grapgatte
Ek stem saam met die regter wat sê hulle lyk verspot. Daardie pruike simboliseer reg en geregtigheid, ek is seker daar gaan nie te veel daarvan aan by oom Bob nie. Haal dit eerder af en wys jul regte kleure.
Kort net rooi neuse
Haahahaaha!!! Spot on Ian!!!
Dis om hulle te vermom sodat hul nie deur die misdadigers wat hul tronk toe stuur, teruggekry kan word nie! Hul slaap ook skynbaar met die goed?
Okay. Hulle het nou pruike, maar ek wil weet is daar nog n regverdige regstelsel?
En die mense ly honger !!!! Hoe tragies hoe dit in die Afrika lande gaan.
Hoekom koop hul nie daai pruike waar hul hul kwalifikasies koop nie.
Op die Swartmark.
Ag nee!! Belaglik. ?
En almal van hulle lyk gesond en lekker rond. Hoe ironies tog?
Hoe tragies dit is, is vir almal om te sien, en ons lewer kommentaar met rein harte. En die mense wat die tooisels dra, waarom doen hulle dit, wat glo hulle is die boodskap aan hul volgelinge, of dit wat dit vir hul beteken, het ons al vir hulle gevra?
Ek gaan geen verdere vrae vra nie, ook nie wat hier in SA gebeur nie, ook nie in ander Afrika lande nie.
Miskien moet ons tog eendag daaroor debat voer.
Dalk moet ons die debat los.
Ek stem saam. Hulle lyk maar bra snaaks met die Blonde Pruike.
Baie bo op maar leeg binne sou ek se.