Zimbabwe: Hoe lyk die toekoms nou?

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe.

Pres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace, is wel Sondag van hul pligte in Zanu PF, die regerende party in Zimbabwe, onthef, maar ʼn onseker toekoms lê nou vir dié land voor.

Maroela Media het pas berig dat Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, as Zanu-PF se president aangewys is.

Ander lede van die party wat glo ook die trekpas gekry het, is Ignatius Chombo, Jonathan Moyo, Saviour Kasukuwere en Patrick Zhuwao.

Die situasie in Zimbabwe kan volgens kenners nou op verskillende maniere ontvou. Mugabe kan as president van die land bedank of hy kan in ʼn staat van beskuldiging geplaas word. Volgens berigte is die speaker van Zimbabwe se parlement reeds in kennis gestel van die voorneme om ʼn mosie van wantroue teen Mugabe in te dien. Die speaker het glo ook ingestem om die parlement Dinsdag byeen te roep.

David Coltart, Zimbabwe se voormalige minister van onderwys, sport en kuns en kultuur, het vroeër die week in ʼn meningstuk in Daily Maverick gesê art. 96 van die Zimbabwiese grondwet maak voorsiening vir Mugabe om te bedank indien hy homself in ʼn onhoudbare posisie bevind.

Volgens Coltart, deesdae ʼn Zimbabwiese aktivis en menseregteprokureur, maak art. 97 van die grondwet voorsiening vir Mugabe om verwyder te word. “Hierdie artikel bepaal dat as ʼn eenvoudige meerderheid van die senaat en die nasionale vergadering glo die president moet uit sy amp verwyder word vanweë ernstige wangedrag, sy versuim om die grondwet te handhaaf of sy onvermoë om die funksies van die amp te verrig, hulle by magte is om ʼn komitee saam te stel wat alle partye in die parlement verteenwoordig om die president se verwydering te ondersoek.”

Coltart het gesê indien die komitee aanbeveel dat die president uit sy amp ontslaan moet word, kan ʼn gesamentlike sitting van die senaat en die nasionale vergadering stem vir sy verwydering. Indien twee derdes ten gunste hiervan stem word die president onmiddellik uit die kussings gelig.

Volgens Coltart tree art. 14 (4 en 5) van die sesde skedule dan in werking om ʼn plaasvervanger vir die president te kies. “Die artikels bepaal dat die persoon wat mees onlangs die waarnemende president was, vir ‘n tydperk van 90 dae sal waarneem as president, terwyl die regerende party, in die geval die Zanu-PF, vanuit eie geledere ʼn plaasvervanger kies om die ampstermyn te voltooi. Die persoon sal dan president wees tot volgende jaar se verkiesing.

Zimbabwe se Financial Gazette het vroeër berig Mnangagwa beplan vermoedelik ʼn oorgangsregering wat die opposisie sal insluit. Volgens die berig sal Mnangagwa die oorgangsregering saamstel wat na verwagting vir vyf jaar sal regeer, voordat die land ʼn verkiesing sal hou, het hooggeplaaste bronne gesê. Mnangagwa se mandaat, volgens die militêre plan, sal insluit om die oppergesag van die wet te herstel en die land se wankelende ekonomie te stabiliseer.

Verskeie bronne meen egter die oorgangsregering sal net tot Augustus volgende jaar duur wanneer die nuwe algemene verkiesing sal plaasvind.

Gevolge vir Suid-Afrika

Prof. Anthoni van Nieuwkerk, ʼn ontleder van buitelandse en sekuriteitsbeleid verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, het vroeër aan Maroela Media gesê hy reken Suid-Afrika sal ʼn reusagtige humanitêre krisis die hoof moet bied sou Zimbabwe heeltemal te midde van ʼn staatsgreep verval met miljoene Zimbabwiërs wat oor die Limpopo die land sal binnestroom.

“Suid-Afrika sal eenvoudig sy buurland moet help om te stabiliseer. Ons kan hulle egter nie met ons eie weermag binneval nie – die Suid-Afrikaanse weermag is in elk geval te swak en het nie geld nie; boonop moet die Zimbabwiese regering of die land se mense Suid-Afrika nooi om in te gryp,” het Van Nieuwkerk gesê.

“Die oplossing vir Zimbabwe is as die private sektor, burgerlike samelewing en die regering om ʼn tafel sou gaan sit vir samespreking. Suid-Afrika kan die tafel vir dié onderhandelingsproses dek.”

Bykomende bron: Daily Maverick

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Barry ·

My meening rondom die is SA gaan oorbevolk raak wat al reeds die geval met die volg mense gaan moor,dis so goed ek neem die hele kinderhuis in dis waansin dis kan nie werk nie.

jcwf ·

President Mnangagwa is een van die rykste mense van Zimbabwe en behoort tot dié wat Mugabe lank ondersteun het. Van hom kan die bevolking min verandering of verbetering verwag, hoewel die bevolking sal dit eis.

Daar kan ‘n burgeroorlog kom.

Chris ·

Net ‘n vraag aan die agbare Prof Nieuwkerk, en ek neem kennis van sy nering. Op grond van wat se hy die SA Weermag is te swak? het hy ‘n studie gedoen ? lees hy ooit “Defence Web RSA” Dat die weermag te min fondse het is algemene kennis ,maar om te se die SA weermag is te swak klink vir my na n stelling sonder bewyse.

zettie ·

Dis n skande. Dat ons eens sterk weermag , moes plek maak vir n swak weermag ,wat ons land nie eers kan beskerm nie. Bring n paar “ou manne” terug om ons weermag op te lig.

willie ·

Chris, Prof Nieuwkerk is 100% in die kol tov van SAW se vermoë!

HPV ·

In Afrika word niks beter nie. Verval is aan die orde van die dag. Ons eie land is ‘n sprekende voorbeeld! In Afrika gaan dit net oor selfveryking van die een wat regeer en die een wat wil regeer. Insake ons Weermag, die Prof is heel moontlik reg!

alwyn burger ·

Chris hallo!. Genl.-maj. Bornman het al in die jaar 2000 gesê dat ons weermag se operasionele gereedheid swakker is as die van Zimbabwe en Botswana

HPV ·

Chris die ou weermag het bestaan uit ‘n permanente mag wat ondersteun was deur ‘n hoogs opgeleide burgermag met die nodige oorlogs ondervinding. Burgermaglede kon ter enige tyd in hul duisende opgeroep word. Die burgermag reserwe het letterlik bestaan uit ‘n paar honderd duisend man. Goeie vakmanne het wapentuig oorlog gereed gehou. Daardie mense is nie meer deel van die weermag nie. Geen opgeleide oproepbare reserwemag tans. Wat sê dit vir jou?

John ·

Ons sorg reeds vir feitlik die hele Zimbabwiese bevolking en verskaf sekerlik ook gratis krag. Mogabe glo hy is die held van die ANC, maar Zuma & kie speel met hom. Mandela was reeds in besit van bloeddiamante. Wie nog en wat nog alles? Ons sal verbaas wees. Miskien nog ‘n tema vir ‘n boek.

Carel ·

Chris wanneer laas was jy in enige militêre basis of het jy een van hul verrigtinge bygewoon. As jy het sou jy saamgestem het. As oud bevelvoerder breek my hart as ek dit sien

Anti-Zumpi. ·

Sarie, dis nou n goeie plan, Kom ons vra al die mense van Zim om na Suid Afrika toe te kom (Dis mos die land van melk en heuning) dan skuif ons al die mense wat weet hoe om n land te regeer oor na Zim toe. Ons bou the great wall of China om Zim, maak Zim weer die kosmandjie van die wereld, en sie daar probleem opgelos.

Alida ·

Ek is van mening dat ‘n nuwe regering sal poog om die land se status weer op te bou hoewel dit jare sal neem om weer die boere terug te roep. Almal het gely onder Mogabe se bewind. Die boere sal teruggaan mits hulle veiligheid gewaarborg word. Die nuwe leier het mos nou gesien dat daar niks van die plase oorbebly het wat met geweld afgevat is nie. Die mense is honger en sal hard werk. Hulle sal enigiets doen om Zim weer die kosmandjie genoem te word. Ek hoop egter so.

Dries du Toit ·

Daar is bykans niks oor van die weermag nie Chris. Gaan kyk self

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.