Zimbabwe se inflasie staan op 290%

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Zimbabwe se inflasiekoers het 290% gehaal, die tweede hoogste in die wêreld ná Venezuela (na bewering 80 000% teen die einde van 2018), het Steve Hanke, Amerikaanse ekonoom en valutakenner, gesê.

Die inflasiekoers is in skrille kontras met die verminderde 42.09% amptelike syfer wat die Zimbabwiese nasionale statistieke-agentskap (ZimStats) in November 2018 aangemeld het.

“Zimbabwe se jaarlikse inflasiekoers vir vandag, bereken met hoëfrekwensiedata, is 290%,” het Hanke Vrydag gesê.

Inflasie word grootliks gedryf deur die tekort aan buitelandse valuta wat tot groot teenstrydighede in die wisselkoers tussen Zimbabwe se surrogaat-geldeenheid, die effektenoot, en die Amerikaanse dollar lei.

Pryse van basiese kommoditeite, soos kookolie en meel, het gestyg toe die effektenoot en die elektroniese dollar op die parallele mark ineengestort het.

Hanke beveel aan dat die effektenoot, wat hy as die “Zollar” beskryf, geskrap moet word. “As Zimbabwe versuim om die effektenoot uit die stelsel te haal, sal die ekonomie binne minder as ʼn jaar ineenstort.”

Venezuela, met die wêreld se hoogste inflasiekoers volgens Hanke, is in ʼn politieke krisis gewikkel. Daar is verskerpte pogings deur die opposisie om die sosialistiese president Nicolás Maduro uit sy amp te verwyder.

Zimbabwe het in 2008 hiperinflasie beleef toe die inflasiekoers 89.7 triljard (“sextillion” of 1021) gehaal het. Die regering moes in daardie stadium ʼn multi-geldeenheid implementeer. Die Zimbabwiese Reserwebank en ZimStats kon in daardie stadium nie meer boekhou nie en het nie verder oor inflasie berig of dit bereken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Drieks ·

Malema, jou 2 lande Venezuela en Zimbabwe het jy as goeie voorbeeld aan ons oorgedra 6 of so jaar terug. Dit is presies wat jy in SA gaan veroorsaak. Word groot en gee hoop!!!

Ander Gert ·

Inteendeel. Malema het self gesê dat sy ondersteuners moet weet dat armoede en swaarkry deel van die proses gaan wees om te kry wat hulle wil hê.

Ernst Roets is erg deur politieke partye en in die media en gekritiseer nadat hy gesê het dat daar groeppe is wat dronk is op ideologie. Maar het Malema en ander in die veral die ANC nie bewys dat hulle ideologie bo enigiets stel nie? Roets se stelling is die eenvoudige waarheid hieroor.

Cherokee ·

Inflasiekoers van 290% beteken dat pryse jaarliks verdriedubbel. Wat beteken 80 000% dan? Vergeet van 10²¹ ? Dit is buite verhouding.

Frikkie Geld en huis ·

80 000% beteken dat daar niks is om te koop nie. Geen voorraad!!!

Judge Dredd ·

Dit beteken dat ‘n week loon slegs goed genoeg is om ‘n paar eiers te koop.

Hanna Hoekom ·

Ten minste het hulle grond… Net jammer n mens kan nie grond eet nie! Geen simpatie.

Paul ·

Ek het amper kommentaar gelewer, toe besef ek, ek sit in Suid Afrika wat seker so 10 jaar , dalk 5, agter Zim is en wie is ek om klippe te gooi?

What a joke! ·

Ja anc eff en blf kyk mooi wat gebeur.Jul met jul sosialistiese neigings!
Ontneem,onteien,nasionaliseer en binnekort sit Suid Afrika ook met n inflasie koers soortgelyk met Zimbabwe en chaotiese wanorde op straat… aar oe wee gee die lot om??? Nee hul doen nie want hul weet nie van beter…

Tinus ·

Geen simpatie met hierdie klomp nie. In1973 moes ek R1,35 vir een Rhodesiese dollar betaal. Wie moet ons blameer dat die Zimbawese dollar nou niks werd is nie?

Sputnik ·

…en vir wie moet hulle bedank? Robert en sy bende!! Freedom!! Land grab!!

Sputnik ·

Waar is al die lande wat die “struggle” so mooi ondersteun het dan nou? Waarom volg hulle nie op en kom tot hul redding nie? Omdat hulle self in ‘n gemors sit! Geen simpatie van my kant nie – wel baie simpatie met “my mense” wat nog daar is.

zoom zoom ·

Pleks Zim ons departement van Statistieke kry Om die inflasie koers vir hulle Te bepasl Dan Sal Zim sien die koers is nie so hoof nie. Want die departement kan lekker syfers uit hulle duime suig en verwag almal moet dit glo.

Skroef ·

Hy (malema) is heelyemal te slim om dit in te sien. Hy is vas oortuig sy manier, is die enigste manier. Slim vang sy baas, keer op keer op keer!

Peter Says ·

On the brighter side, Bring back the zim $ then every zimbawian is a trillionare??

Stephen Namibia ·

I have one question for the radical blacks including Malema and Zuma who constantly blame the Colonists for all their woes:

Why after all these years of “freedom” from the white people (Colonists) in Africa do the Africans flee in their thousands from the” Liberated”countries in Africa back to the lands of the hated Colonists in Europe.???
I rest my case.

Manie ·

Ironies is die twee lande die anc en eff se bedmaats. Wat n patetiese grap is die mense wat die land probeer regeer.

Nita ·

Toe Zimbabwe onafhanklik geword het, het die eerste president in n ossewa die straat afgery. My skoonpa het uit Salisbury geskryf; Is this indicative of the future of Rhodesia? Well hier is die future van Zim nou en ook ons s’n binne die volgende paar jaar.

Johanna Botha ·

?? = ???? Tog snaaks hoe die mense vlug en net wil wegkom van die lande wat gekolonariseerd was en hoe hulle na die kolonialiste se lande vlug en hulle taal eerder wil praat nadat hulle alles opgemors het …soos zim !

Frikkie Geld en huis ·

Puik verhaal, die een van die sprinkaan & die mier. Ek vertel dit altyd vir my kleinseun en dan wys ek vir hom wie is die sprinkane en wie’s die miere.

Sarel ·

Ek het nou annerdag vir ‘n hoogs geleerde Zimbabwiër gevra waarom die Zimbabwiërs nie doodeenvoudig die ZanuPF uitstem nie. Hy verduidelik toe vir my as volg: in die plattelandse gebiede waar bevolking nog as klein groepies in stamverband leef, maak weermag opnames van PRESIES wie daar bly en hoeveel hulle is. Indien die verkiesings nie ten gunste van ZanuPF is nie word daar “voorbeelde” gemaak van mense in daardie gemeenskappe. Die plattelandse mense is doodgewoon te bang om teen die ZanuPF te stem . . . . .
Die stemmery word dus nie op stemdag gemanipuleer, maar al lank voor die tyd.

DeVill ·

Gestem vir en ondersteun deur die meerderheid Zimbabwiers.

Laat hulle honger kry en laat hulle pakslae kry, dit is waarvoor hulle gestem het.

Suid-Afrika is na dieselfde oppad, hoe kan die ANC ondersteuners dit nie raak sien?

Golf voor gee ·

In Zim en Venezuela het hulle ook nuwe golf reels , die wat die meeste die bal slaan daar wen. Dieselfde reel geld ook vir ekonomie hulle dink n hoe inflasie persentasie is ook goed. Slegs in akademie is lae persentasies n goeie ding, dit is sodat almal kan deurkom. In SA is ons besig om ook al hierdie reels te verander sodat ons politikuste goed lyk as hulle oor inflasie praat op die golfbaan, en darem ook probeer goed lyk net lae skool punte. Ek hoop alles maak 280% sin

Jepetto ·

Kan iemand my vertel wat gebuer as die ekonomie val is dit besig omte val of gaan dit Praat nuo van Zim die land is soos a kat met 9 lewens elke keer dan staan hulle op

Jerry ·

Ander Gert, Ernst Roets het op geloftedag gese het dat daar eers swaarkry vir die Afrikaner voorle, voordat die Afrikaner sal kry wat die Afrikaner wil he. Ironies dat hy presies vir die Afrikaner se wat jy se Malema vir sy ondersteuners gese het. Die ironie is dat as Malema dronk is op ideologie, volgens Roets, wat maak dit wat Ernst Roets gese het, hom anders as Malema? Is Roets nie dan ook dronk op sy eie ideologie nie!

Lanie ·

Heersers van n land sonder die nogide erkenning vir sy burgers en God is n verlore siel

Johanna Botha ·

Hulle het dan al die grond …dag dit gaan welvaart skep en waardigheid herstel …nou staan hulle nie meer gebalde vuiste nie maar bakhand …hoe vernederind ! Maar ja jy kry presies waarvoor jy stem en dit het die anc oor en oor bewys maar SA leer nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.