Zimbabwe skors voorskoolse leerders

skool-21.jpeg

Argieffoto

Zimbabwiese skole het voorskoolse leerders geskors nadat hul behoeftige ouers versuim het om skoolgeld te betaal.

Die kinders in vroeëkinderontwikkeling (VKO)-opleiding is van die talle leerders wat ook geskors is omdat hulle nog nie die vorige termyn se agterstallige bedrae betaal het nie.

Dit is in teenstelling met die regering se opdrag en ʼn oortreding van die Grondwet en die kinders se reg tot onderwys.

Menseregtegroepe het bekend gemaak die skorsing van die skoliere is die hoogste sedert Mei, toe die tweede termyn begin het. Sommige skoliere het nou al ses weke se opleiding gemis.

“Dit is in oortreding van artikel 75 van die Grondwet wat die reg tot basiese onderwys waarborg,” het die Zimbabwe Peace Project gesê.

Die organisasie het gesê hy het sake aangeteken waar leerders se uitslae weerhou is indien hulle geld skuld. Nege gevalle is in Tsholotsho, Matabeleland-Noord aangeteken van leerlinge wat verhoed is om lesse by te woon omdat hulle nie hul skoolfonds betaal het nie.

Daar is egter in al tien provinsies gevalle van kinders wat onderwys geweier word omdat hul ouers nie betyds die skoolfonds kon betaal nie.

Nege leerders is by Nkanyezi Primary School in Lobengula geskors uit VKO omdat hul ouers nie $64 (R816) kon betaal nie. Kinders in VKO is tussen vier en vyf jaar oud.

Lazarus Dokora, minister van primêre en sekondêre onderwys, het gesê skole het kontrakte met ouers, nie kinders nie, en daarom moet die kinders nie lesse verloor net omdat die ouers nie hul kontraktuele verpligting kon nakom nie.

Talle Zimbabwiese gesinne beleef die impak van die verslegtende ekonomie, en werkloosheid is meer as 90%. Banke het gereeld nie kontant nie en staatsdiensamptenare moet tevrede wees met laat betalings.

Pres. Robert Mugabe se regering het skole gemaan om arbeid en vee as ʼn alternatief te aanvaar vir skoolgelde. Die regering is ook te arm om beurse te borg vir slim, maar behoeftige kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

Wat is fout met Zimbabwe se leerders? Waar is julle “Fees Must Fall” optogte waarby julle tientalle skole, kolleges en Universiteite afbrand en vernietig en aandring op gratis onderrig? Miskien moet ons so paar duisend van julle studente wat hier op ons kampusse rondhang terug stuur om julle te gaan wys hoe……vir gratis.

snoefie ·

maak plekke oom Bob suid afrika is oppad. dan weer, swart skole is gratis en mahala en wie gee om oor die wit kinders wie se ouers deur hulle ore betaal aan skoolfonds? by wit skole word ouers van 15jariges+ gereeld vertel wanneer hulle gaan vra vir beurse, dat hulle kinders nie meer skoolpligtig us nie.

JA ·

Hierdie ding van iemand se reg tot iets, Beteken nie dat dit gratis moet wees nie. Dit is hoe almal hier in SA ook reken. Dit beteken bloot dat die fasiliteit daar moet wees.

JA wraggies ·

Die hele konsep van “regte” het al so verwronge geraak dat dit vir die massas outomaties “gratis” beteken!
Eintlik ‘n yslike frustrasie om deesdae se ‘entitled’ generasie te laat verstaan dat ‘n teenprestaasie ‘n vereiste is.

w ·

Ou Mugabe wil dat daar geen skool vi dai kids moet wees ni want die ongeskooldes sal bly stem vi sy hopelose Zanu PF . Dis net vi stemme vani dommes

Ampie ·

Sjoe w, lyk my jy het self ‘n paar klasse nodig. Seker in die Nuwe SA jou skoolloopbaan voltooi.

THEA SWART ·

EN NOU WORD DIE OUERS AANGEMOEDIG OM BETALINGS TE DOEN MET BEESTE EN BOKKE – EN HOE LANK VOOR DIT GESLAG GAAN WORD EN DIE BEWYS VAN BETALING IS DAARMEE HEEN? HAHAHAHA

John ·

?.. en watter stroom is alweer oppad na SA vir die volgende gratis skooljaar net vir alle immer-agtergeblewens uit alle bedelings regoor die wereld… en… buitenste ruim… hier’s baaaie plek in ons skole en baaaie geld in SA… bring tog net daai drukpers van die oupa-kanniedood saam…

Rupert Ashford ·

En ou Juliaas en so oom Jakop hou gereeld Zimbob voor as iets vir ons om na te strewe. Lekker man….

marous ·

Wens hy leef vir nog honderd jaar , sodat die wat hom ingestem het se nageslagte ook sy vals beloftes kan ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.