Zimbabwe vat nou swart boere se plase

(Argieffoto: Maroela Media)

Die Zimbabwiese regering het begin om grond van swart boere, wat oorspronklik van wit boere onteien is, terug te neem. Dit nadat swart boere wat twee dekades gelede by omstrede grondhervormings baat gevind het, skynbaar nie die grond na wense benut nie.

Die grond sal nou aan opkomende (swart) boere gegee word wat al vir jare wag vir bewerkbare grond.

Anxious Masuka, minister van landbou in Zimbabwe, het Woensdag gesê diegene wat verskeie plase of grond besit wat nie benut word nie, sal dit aan ander boere moet afstaan.

“Zimbabwe het ʼn beperkte geografiese ruimte en 99% van die grond is reeds aan boere toegeken,” het hy gesê.

“Die grond wat nou by swart boere afgeneem is, sal aan ander swart boere, wat op die waglys is, toegeken word.” Oudpres. Robert Mugabe het destyds grondhervormingsinisiatiewe van stapel gestuur waarin wit boere dikwels met geweld van hul plase verwyder is.

Dié hervorming het ten doel gehad om die nalatenskap van Britse kolonialisme reg te stel, maar in die praktyk het veelvuldige plase in baie van Mugabe se noue bondgenote se skote geval.

Talle van hierdie nuwe boere het min kennis, opleiding en ondersteuning gehad en groot dele van die landboubedryf is daardeur lamgelê.

Zimbabwe ly al geruime tyd onder chroniese voedseltekorte, terwyl ʼn kwartmiljoen boere op ʼn waglys is om bewerkbare grond te kry.

Masuka sê die regering sal nie produktiewe plase terugneem nie.

Masuka het tydens die opening van die jaarlikse tabakveilings gesê dat bruikbare plaasgrond reeds teruggeneem is. Hy het egter nie hieroor uitgebrei nie.

Masuka se adjunkminister, Vangelis Haritatos, het aan AFP gesê die regering het nou voormalige wit kommersiële boere toegelaat om deur gesamentlike ondernemings na sommige plase terug te keer.

“Ons moet ons land tot selfvoorsiening neem – in voedsel en voeding.”

Volgens die Famine Early Warning Systems Network loop Zimbabwe die risiko om teen September ʼn volslae hongersnood te hê wat sowat 10 miljoen van Zimbabwe se 15 miljoen burgers sal raak. Dit kom glo ná ʼn swak reënseisoen.

Die land maak al geruime tyd staat op donateurs vir basiese voedselvoorrade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Kry vir julle. Ekt geen simpatie met julle nie. Julle het ook daai mentaliteit gehad dat al jou voedseld van Pick n Pay af kom

AW

Hulle sal na SA toe kom, soos die res al reeds gedoen het !!

B-Man

Die 5 miljoen wat nie gaan ly nie is seker die wat hier in RSA is. Ek dink die ander 10 miljoen kan ook maar kom. Die EFF sal vir hulle sorg.

Diline

Ja hoe se die spreekwoord ” payback time”. DIT is presies wat met ons land gaan gebeur as boere van plase af gedwing gaan word. Wat hierdie spul nie besef nie, is dat ons blankes die minderheid is, die wat die swaarste daaronder gaan lei is hulle EIE mense

Blomme

Grondhervorming is ń goeie resep vir vernietiging vd landbou!