Zimbabwe-verkiesing: MDC beweer teistering, intimidasie

Zimbabwiese Verkiesingskommisie (ZEC) Foto: Matthews Baloyi, ANA

Die MDC-Alliance het Woensdag onderneem om die uitslag van die verkiesing in Zimbabwe te daag ondanks beweerde pogings om die regspan te intimideer en bewyse te vernietig.

Adv. Thabani Mpofu, hoof van die plaaslike en internasionale regspan, het tydens ʼn perskonferensie in Harare gesê die papierwerk is gereed en die saak sal ingedien word binne die bepaalde periode kragtens die wetgewing oor verkiesings in Zimbabwe.

Hy beweer die staat wou die saak in gedrang bring en sê dit word alles gedoen deur ʼn lasbrief te bekom vir ʼn soektog en beslaglegging. “Hulle het ʼn lasbrief vir ʼn soektog bekom en voer aan hulle is op soek na gevaarlike wapens en rekenaars is hierby ingesluit. Waar het jy al ooit gesien dat ʼn rekenaar of ʼn skootrekenaar as ʼn gevaarlike wapen geklassifiseer word?

“Daar is ʼn poging om die bewyse te vernietig, maar laat ek dit duidelik stel: dit is veilig.”

Hy beweer ook lede van die regspan word geteister. “Ons word agtervolg en links en regs aangeval. Ons hoor daagliks van inhegtenisnemings wat binnekort gaan volg. Die poging is om die tegniese span se aandag af te trek, maar die goeie ding is dat ons vasbeslote is deur hierdie saak te werk.”

Mpofu het gesê die regspan is vasbeslote om die konstitusionele hof selfs in tronkklere of op hul sterfbed te nader.

Volgens die opposisie MDC-Alliance se regspan het hulle genoeg bewyse ingesamel wat sommige persone in die verleentheid sal stel met die optrede van die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC).

Die MDC-Alliance bevraagteken die uitslag van die verkiesing op 30 Julie en beskuldig die ZEC dat hulle met Zanu-PF saamgespan het om Emmerson Mnangagwa te verklaar as die wenner van die presidensiële verkiesing. Mnangagwa het 50.8% van die stemme verwerf en sy party het ʼn tweederdemeerderheidstem geëis, maar Chamisa het die uitslae verwerp wat die ZEC aangekondig het, en beweer dit is gemanipuleer.

Zanu-PF het intussen gesê hy het ʼn regspan aangestel om te reageer op enige regstappe teen die MDC-Alliance.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

… en die huiteland bly na dekades, met feitlik alle Zimbabwe-ers reeds in SA en die res 90% werkloos en die Zim-dollar op 000000000000 steeds optimisties dat die land ‘n middelklas bevolking binne ‘n japtrap gaan opbou. Watter bevolking hoop hulle op. Olifante, aasvoels of rooimiere?

Pietie ·

ZANU PF en ANC eenders. Hul duld geen opposisie nie. Mag die MDC slaag.

christa ·

Mogabe se mense is net soos die ANC. Hulle sal moor en verwoes tot hulle hul sin kry. Hulle wil seker net so lank aan bewind wees soos Mogabe, met lieg en bedrieg maar mag wil hulle he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.