Veiligheidsmagte in Zimbabwe verkwalik “misdadige elemente wat weermaguniforms gesteel het” vir die geweld – onder meer aanranding, diefstal en moord – teen betogers.
Charity Charamba, regeringswoordvoerder, het Saterdag gesê van die uniforms is tydens die onlangse onluste in Epworth en Chegutu gesteel, berig CNN.
Geweld het die afgelope week losgebars nadat pres. Emmerson Mnangagwa ʼn 150%‑verhoging in brandstofpryse aangekondig het, wat volgens hom veronderstel was om die maande lange brandstoftekort te verlig.
Woensdag het veiligheidsmagte vyf mense doodgeskiet en nog 25 beseer tydens gevegte met betogers in die hoofstad, Harare. Menseregteorganisasies verkwalik die polisie en weermag vir die geweld.
Toe sy Saterdag gevra is of “misdadige elemente” ook vuurwapens en weermagvoertuie gesteel het, wou Charamba nie antwoord nie en het sy aan verslaggewers gesê sy sou hul vrae “mettertyd” beantwoord.
Intussen het Zimbabwe se grootste mobiele netwerk, Econet Wireless, Vrydag gesê hy het opdrag ontvang om internetdienste tot verdere kennisgewing af te skakel, berig Deutsche Welle.
“Ons het opdrag vir die afskakeling gegee omdat ons opgemerk het betogers organiseer nou deur middel van die sosiale media; dus is ons optrede geregverdig,” het Energy Mutodi, adjunkminister van inligting, gesê.
“Ons regsraadgewers het ons inlig ons moet gehoor gee aan die opdrag hangende ʼn hofuitspraak oor die wettigheid daarvan,” het Econet in ʼn verklaring gesê.
Die eerste verbod op internettoegang is Dinsdag ingestel. Regslui vir Menseregte het hof toe gegaan daaroor, maar dis nie duidelik of die hof al uitspraak oor hul aansoek gelewer het nie.
Wat gesaai was deur die jare sal mettertyd geoes word ! Mnr Mugabe en sy regime ??
Zim weermag weet wat om met brandstigters te doen! Maak sommer ‘n draai in Suid Afrika en lei ons weermag op in onlustebeheer.
Almal wat die geskiedenis van Emerson Mngwagwa ken, weet dat hy altyd bekend was as The Crocodile. Hy het die hele terrorriste stryd in Rhodesie van die begin af gedryf. Hy was ook verantwoordelik vir die masseslagting in Matabelieland toe 35000 mense uitgewis is. Lees gerus die boek van Peter Godwin. When n Crocodile Eats the Sun.
Peter Holmes, Dankie vir daardie inligting – want dit is so Hy dink die waarheid is onder die mat in gevee ! Juis dit gaan die einde wees van Sy loopbaan ! Nog ‘n staatsgreep
Charamba doen wat hy die heel beste doen; hy lieg deur sy tande.
Soos gewoonlik is iemand ander weer verantwoordelik. Dis nou al die standaard storie,nie net in Zimbabwe nie,maar hier ook.
Dis net die ver linkse CNN wat hierdie storie van die uniforms sal glo!
Toe (swart) hebsug hoogty gevier het en hulle sonder voorbehoud ingepalm het, toe moes hulle hande gevat en protesteer her. Dan was die ekonomie, voedselsekerheid en vrede nog gewaaerborg. Nou wil hulle soos aasvoëls die kaal verrottende beendere nog kaler stroop. SA neem kennis.
Afrika se vryheid gaan oor niks anders as teer op oorlogsbuit nie . Punt
Haai O Blommie.!
Bring vir Bobbie terug.
en nou is daar geen blankes om te beskuldig nie – WAT NOU
Verkeerd, blameer Ian Smith vir alles.
Net n interesante vraag… sou ons seine in s a afgeskakel word om een of ander “rede” …. wat doen ons dan is so geval ?? Enige iemand met oplosing sal baie intressant wees om te weet wat dan