Zimbabwe wil wit boere vergoed

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Die Zimbabwiese regering het Woensdag ʼn ooreenkoms met wit boere onderteken om hul VSA$3,5 miljard te betaal in vergoeding nadat hul twee dekades gelede van hul grond afgeskop is, dikwels met geweld.

Die regering het egter nie die geld nie en ʼn komitee, waarvan die boere deel is, is op die been gebring om die geld in te samel.

Ongeveer 4 000 boere het groot stukke grond verloor toe die destydse president, Robert Mugabe, ʼn chaotiese grondhervormingsprogram van stapel gestuur het. Landbougrond behoort nou aan die regering.

Ingevolge die ooreenkoms, wat by pres. Emmerson Mnangagwa se amptelike woning onderteken is, is die vergoeding nie vir die grond nie, maar vir infrastruktuur soos putte, besproeiingstoerusting en geboue. Die boere het aanvanklik meer as VSA$5 miljard geëis.

Die volle betaling sal na verwagting binne vyf jaar gedoen word, maar dit is onduidelik of die boere die geld sal ontvang gegewe dat Zimbabwe finansieel in die moeilikheid is en met groot skuld belas is. Die regering gaan glo die geld op internasionale markte leen.

Mnangagwa, wat in 2017 aan bewind gekom het, het voormalige wit boere aangemoedig om aansoek te doen vir grond. Die president het gesê die jongste verwikkelinge bring afsluiting.

Andrew Pascoe, president van die Kommersiële Boere-Unie in Zimbabwe, het die ooreenkoms verwelkom.

“Ná bykans 20 jaar van konflik oor die grondkwessie, kon verteenwoordigers van boere wat hul grond verloor het deur die hervormingsprogram en verteenwoordigers van die regering bymekaarkom om ʼn oplossing vir die konflik te kry,” het Pascoe gesê.

“Vir my is dit niks minder as ʼn wonderwerk nie; dit was vir my ʼn droom dat ek die dag sou sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

Julle surkus is net so groot soos julle ANC broers hier in S. A

Johann ·

Ek dink dit sal ‘n wonderwerk wees as boere die geld kry Die land is bankrot Dit lyk meer soos ‘n verskoning on ‘n donasie erens te kry en dan net nooit die geld uit te betaal nie Hoekom kan die ou koloniale heerser nie die boere direk vergoed nie

Ou gees ·

Hulle kan die finansiële inspuiting van Suid Afrika, d.m.v onwettige sigarette, gebruik hiervoor. Die smouse skep geweldig pap in Zim.

lollapot ·

Ek hou nie baie daarvan as my intelligensie onderskat word nie en ek glo die oud Zim Boere voel ook so!

Riana ·

Ja . En sodra die boere grond regruk en oeste weer tops is …… vat hulle die grond weer terug… history repeats…..

Pierreli ·

Wie gaan vir ZIM geld leen, sekerdalk george soros……in their dreams!

Snowball ·

‘n Honger land kry ander insigte….ongelukkig bietjie laat.

Nie Verbaas ·

Ek hoop van harte dat ANC hier n belangrike les leer maar ek twyfel of die insig bestaan in ons regering.

Aai ·

Julle sal leer jy skop nooit die hond wat jou oppas.Hoop nie die boere wat teruggaan gaan die mense daar leer om weer oor 20 jr julle plase van julle te vat.

Misky ·

Nou dat hulle van die honger doodgaan, besef hulle waar hul fout begaan het. Too little, too late…..

Waarop SA afstuur met n stink-spoed!!!

Drikus ·

Ek weet van Zim boere wat inderdaad genader is deur Zim amptenare om terug te gaan. Ek dink Zim is bitter spyt dat hulle so stupid was.

Anoniem ·

As ek aan die stuur van zimbabwe was en sien hoe my mense gras eet om te oorleef, sou ek ook so astrant wees om (enige moontlike) beloftes aan ‘n klomp skape te maak. Manangagwa se enigste doel is om die blankes te oorreed om kos te voorsien vir ‘n nasie wat doodgaan van die honger. Sodra die landerye weer mooi pronk sal hy sy moordenaars instuur en dan maak soos Cyril “There are no farm murders in our country.”

Atta ·

Miskien kan MM ook uitvind oor die verwikkelinge wat op die oomblik (30 Julie) in Harare besig is om af te speel?

Niklaas ·

Lyk my onse Emmerson het ‘n verwronge sin vir humor. Wat wil hy bereik met hierdie kastige plegtige belofte en valse hoop, want niemand sal hom glo nie. So ‘n bitter arm land sal mos nie geld soek in hierdie katastrofiese tye om blanke boere van die buurland te vergoed nie. En wat sal die BLM knape daarvan dink ? Mens kan net kop skud….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.