Zimbabwiërs kan nou baie Zimdollar vir min dollar ruil

Argieffoto

Argieffoto

Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zimdollar vir Amerikaanse dollar omruil. Om een Amerikaanse dollar te kry, moet 35 biljard Zimdollar (35 met 15 nulle) ingeruil word.

In 2008 was Zimbabwe se inflasiekoers 500 miljard persent. Pryse het twee keer per dag gestyg. In daardie jaar het die noot met die grootste “waarde” verskyn – 110 triljoen Zimbabwiese dollar.

Zimbabwe gebruik al etlike jare ’n meervoudige stelsel waardeur ook ander geldeenhede in gebruik is. Die algemeenste is die Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand. Die nuwe maatreël dui daarop dat Zimbabwe heeltemal met sy eie geldeenheid wil wegdoen.

Die Zimdollar is in die buiteland effe meer werd waar dié geldeenheid vanweë die groot getalle wat daarop aangebring is, by versamelaars gewild is.

Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
HFC

Alte lekker in La-la land!

Bart

Dis voor die deur vir oñs.

HEVW

Hulle is nou presies daar waar SA in sy oorspronklike staat was, voor Jan se tyd, toe dit n okasie van eindelose pret was. Maar wat maak dit saak dat Zim nou op die ashoop verkeer, of eerder onder die ashoop, solank ons net baas is en ons ons mag teen weerlose boere kan demonstreer.

Dave

Wie gaan dit keer? ‘n Koalisie tussen die DA @ die EFF? Ja..(!) met die naamsverandering DEAFF..!

Peet Schabort

Kyk mooi na die boonste klip.
Daar is duidelik ‘n gesig (oë, neus, mond) te sien.
Duidelik ‘n soliede klipkop. So dig soos ‘n klei-os se agterkant.
Ter plaatse sal die R ook sy gedaanteverwisseling ondergaan om ook uiteindelik in die niet te verdwyn.
Bokspring maar met naamsveranderinge maar as jy nie eers riool kan ordentlik bestuur dan kan jy nie ‘n land regeer.