Zimbabwiërs maak gereed vir produktekorte

zimbabwe

Argieffoto

Basiese produkte begin vinnig van rakke in winkels in Zimbabwe verdwyn en burgers begin om soveel as moontlik produkte bymekaar te maak uit vrees vir moontlike produktekorte.

Die vrees dat leë rakke, soortgelyk aan die voedseltekorte in 2008/09, dwing inkopiegangers om soveel as moontlik produkte aan te skaf. Apteke het reeds ʼn tekort aan medikasie vir pasiënte met diabetes en hoë bloeddruk.

Handelaars het bevestig dat hulle reeds probleme met ʼn “paniekbevange mark” beleef. “Daar is paniek in die mark en dit is onnodig. Ons moedig die publiek eintlik aan om nie meer te koop as wat nodig is nie, omdat dit regtig onnodig is,” het Denford Mutashu, president van die handelaarsvereniging CZR, gesê. “Die kwessie oor vervaardiging bly die fokuspunt en selfs al raak mense nou paniekerig en begin produkte bymekaarmaak, behoort ons, in ʼn normale situasie, weer die voorraad te kan vervang.”

Hy het gesê adjunkpresident Constantino Chiwenga lei die gesprekke tussen handelaars en vervaardigers. “Ons is deurgaans in gesprek met verskaffers. Ons wil graag seker maak dat die vervaardigingsbedryf die nodige ondersteuning van die regering ontvang. Ons maan egter ook die ministerie van nywerheid om te kyk wat sleutelkommoditeite is en waar gapings is, om seker te maak dat hierdie produkte deur ingevoerde produkte vervang word.”

Daar is egter berigte dat Chiwenga al van Maandag af siek is.

“Ons beleef tans ʼn uitdaging met die beskikbaarheid van meel en broodvoorraad het die afgelope paar dae afgeneem. Dit het tot tekorte in die mark gelei,” het Mutashu bygevoeg.

Sifelani Jabangwe, president van die Confederation of Zimbabwe Industries (CZI), het gesê die onsekerheid word aangevuur deur die regering se stabiliteitsbeleid. “Daar is onsekerheid oor watter beleide aangekondig gaan word en hoe dit die sakeomgewing gaan raak. Vervaardigers is nie seker hoe om pryse vir hul produkte te bepaal nie en daar is ook minder buitelandse valuta vir die bedryf beskikbaar gemaak. Die grootste probleem is die onsekerheid.”

Ekonoom Prosper Chitambara het gesê die swartmark-premie op buitelandse valuta vuur ook chaos in die mark aan en dit word vererger deur ʼn algemene gebrek aan vertroue. “Daar is baie onsekerheid en dit het ʼn negatiewe invloed op die makro-ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sieg ·

Ja wat die opskrif gaan net ietwat verandering ondergaan, daar waar geskryf is zim gaan daar sal wees welcome to nothing.

De Villiers ·

Die oorsaak hiervan gaan hulle seker weer voor die deur van die westerse lande lê, sonder om hulle eie onvermoë om ordentlik te regeer en hul ondeurdagte uitsprake uit te wys, wat die eintlike oorsake is. Dis ‘n Afrika-ding om nie selferkenning te doen nie, dis altyd iemand anders se skuld.

Nita ·

Nou toe nou, rakke leeg, paniek onder die volk. Waar is die wonderlike vooruitgang wat verseker sou gekom het, sodra die volk hul grond terug gekry het. Maar natuurlik sal die ANC hulle blind en doof hou om die massas se stemme te kry met die beloftes dat hulle eersdaags wittes se plase in besit kan neem. En dan gaan voorspoed Suid-Afrika tref soos manna uit die hemel.

HPV ·

So lyk Afrika se vry en regverdige verkiesings en ons tel voort!

Erwee ·

Selfde ou afrika storie ..probeer mos n ronde wiel vierkantig maak

Sharem ·

Ek ken baie Zimbaweërs. Daar is al vir die afgelope paar jaar niks kos in die winkels nie. Daar is so af en toe mieliemeel maar nie kos waaraan hulle in SA gewoond is nie, en wat daar is, is peperduur. Daar word maandeliks vragte kos vanuit SA na familielede in Zimbabwe gestuur.

RG ·

Waar gaan ons vragte kos vandaan kom? Mozambique is ons voorland met ‘n paar hoenders, ‘n melk koei aan ‘n boom in die voor tuin en ‘n groente tuintjie.

Leeutjie ·

Maar kos word nie verskaf deur boere nie…dis Checkers en Spar wat kos vervaardig se hulle mos!

Boland ·

En alles het begin die dag toe hulle die boere van die grond verdryf het.

Andee ·

Ons moet maar Zim se voorbeeld vat en hier ook kos kaste begin vol maak

Anoniem ·

Mugabe baie geluk met wat Jy gesaai het maar nou is Jy ‘gedwonge gechill en voel Jy ‘n veer en is net bekommerd oor Jou PENSIOENGELD’ en nou maai Jou opvolgers Jou inhalige ‘legacy’
Hello Mnr Ramaphosa ‘take note’ Jou en Jou mense se land is volgende ! Ons weet WAT maar ons weet net nie presies WANNEER nie ! Stemme bring nie kos op tafels nie ???

Dienkie ·

Ramaphosa, jy wil mos die blankes van hulle plase af verwyder. Ek hoop jy neem kennis van die toedrag van sake wat tans in Zimbambwe heers. Dit gaan Suid-Afrika se voorland wees as jy en die EFF nie wakker skrik nie. O nee ek vergeet, jy en die EFF leef mos op ‘n ander planeet.

Hanna Hoekom ·

Wonder waar hulle kos gaan kry wanneer Suid-afrika ook uit kos uit hardloop? Deur die eeue heen is daar maar altyd in Afrika “Suid” gevlug. Well, you’re soon going to reach your final destination…

Ben ·

Die United Nations gaan vir hulle verniet kos gee, en dan kom huil die United Nations wereld wyd dat hulle nie genoeg geld het nie, en dan gaan die Zimz en Rams in hulle miljoene Migrate na Europa toe.

John ·

En onder Ian Smith het die Britte die land gedruk tot hy hik. In die winkels was feitliks niks en produkte uit SA was peperduur. Toe was sanksies die land se voorland om die wittes te forseer om boedel oor te gee aan die roemryke Mogabe wat nou skaars nog asemhaal en dalk ook begin hoop hy sterf van natuurlike oorsake.

Nikita ·

Nou toe nou, het hierdie ding sien kom, terwyl die wiel aan’t draai was. EWC (Economy without capital!!). Vee mooi die krummels van die tafels af en bere. Lande stel nie meer belang om in Zim te bele nie, hulle draai net hulle gesigte weg. Kyk baie mooi Rampmaphosa en luister mooi. Waar is die chinese nou? Hulle leen mos geld aan sukkelende lande. Sal nie verbaas wees as die chinas Zim gaan oorvat nie….daar word al gepraat van dat Zimbabwe se naam gaan verander na Chinabwe. Die Chinese speel al baie jare skaak oral in die wereld. Goodbye Zimbabwe…..welcome to Chinabwe!

jaco ·

Zimbabwe het 90% werkloosheid, so nou wonder ek maar net, met watse gekd koop dié 90% dan die “produkte wanneer daar nie tekorte is nie? Iets maak nie sin nie.

HPV ·

Jaco, daardie 90% is hoogs waarskynlik hier in Suid Afrika en die wat nog nie hier is nie is op pad hierheen. Baie van hulle is deel van die onwettige grondbesetters wat kort-kort erwe afmeet om hul sinkhuise op te bou. In ag geneem dat hulle nie self belasting betaal nie sorg ons belastingbetalers vir hulle.

Gemaskerde Sopbeen ·

Waaroor die bohaai? Die eerste skepe vol rys, noedels, bean-curd en hondevleis is oppad…..gee kans.

ne ·

SA se ministers is so slim om te glo Checkers/Spar/Pick ‘n Pay prodiseer die prodikte, sy moet bietjie vir Zim vertel hoe dit werk!!!!!
Dan sal daar kos wees….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.