‘Zimbabwiërs moenie nou grond aan wittes teruggee’

Robert Mugabe

Die EFF het Dinsdag in die lig van Robert Mugabe se bedanking as president van Zimbabwe ʼn beroep op Zimbabwiërs gedoen om nie die land se grondonteieningsprogram ongedaan te maak en die grond aan “die wit setlaargemeenskappe” terug te gee nie.

Jacob Mudenda, die speaker in die Zimbabwiese parlement, het vroeër bevestig dat die 93-jarige staatshoof bedank het. Zanu-PF het ʼn mosie ingedien om Mugabe in ʼn staat van beskuldiging te plaas, maar hy het bedank voordat die proses bekragtig kon word.

Die EFF het in ʼn verklaring Mugabe se bedanking verwelkom en gesê die party loof hom dat hy Zanu-PF se besluit om hom te skors respekteer. Mbuyiseni Quintin Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê dié besluit van Mugabe moet egter nie ʼn verandering aan die land se omstrede grondonteieningsprogram teweegbring nie. “Dit is die een nalatenskap [van Mugabe] wat ten alle koste bevorder en beskerm moet word,” het Ndlozi gesê.

“Ons sê dit omdat ons weet dat sommige die bedanking van pres. Mugabe vier in die hoop dat hierdie belangrike rewolusionêre aanwins ondermyn sal word. Dit is die verpligting van alle pan-Afrikaniste om die voordele van dekolonialisering in Zimbabwe te beskerm.”

Ndlozi het gesê die grond in Zimbabwe moet nou gebruik word om die Zimbabwiese mense te bevoordeel en die ekonomie van die land te herstel as die broodmandjie van Afrika.

Die DA het Mugabe se bedanking beskryf as ʼn “oorwinning vir die mense van Zimbabwe wat die afgelope jare erg onder Mugabe se bewind gely het”.

“Mugabe wat eens ʼn bevryder was, het verdeeldheid, onstabiliteit en ekonomiese verwoesting in Zimbabwe begin saai namate hy die betreurenswaardige oorgang van bevryder na diktator gemaak het,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, in ʼn verklaring gesê.

Maimane het gesê Mugabe se bedanking is die eerste stap na ʼn nuwe begin vir Zimbabwe, maar dit is nie ʼn towerspel wat die land sommer net so sal regruk nie. “Mugabe mag dalk weg wees, maar die regerende Zanu-PF bly agter. Soos die geval is met bevrydingsbewegings oor die kontinent, het Zanu-PF niks meer geword nie as ʼn beskermingsnetwerk wat gewikkel is in ʼn stryd oor toegang tot mag en staatshulpbronne vir dié wat politieke bande het.

“Dit is ook duidelik uit die gespanne situasie die afgelope paar dae dat Mugabe nie vrywillig van sy mag afstand gedoen het nie, maar gedwing is.” Maimane het gesê Zanu-PF is medepligtig aan elke besluit van die Mugabe-regime en kan nie vertrou word om ʼn nuwe begin vir Zimbabwe te bewerkstellig nie.

Volgens Maimane is die enigste pad vorentoe vir Zimbabwe om onmiddellik ʼn vry en regverdige verkiesing te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Hannes ·

Julius kan mos Zim toe gaan, min blanke boere en die land is klaar in sy maai, perfek vir hom om op te bou. Of….hou die geld hom in SA.

Maroela skapie ·

As Maroela my toelaat om te se, ek stem saam met jou Hannes. Oeps dalk is ek nou rasisties. Gee tog vir juliaas en kie die kans om ons land ook in sy maai te stuur.

stephe vogel ·

Julius jy het die kat aan die stert beet . Plase is nie die na latenskap van Mogabe nie , maar ‘n land wat ekonomies verwoes is en sonder kos

Dries Booyens ·

Zanu party is net soos ANC “outdated” en verby sy tyd. Hulle almal lewe in die outyd want albei is bevrydingsorganisasies wat hul rol uitgedien het maar steeds daaraan kleef soos nat mis aan n wolkombers. Juluis Malema is n klein jakalsie wat saamdraf maar soos n karperd oogklappe op het het net tonnelvisie op die rasaspek van die uitgediende partye het!

Yster ·

Kan jy glo dat so min wit boere vir so baie bekommernis kan sorg. Besef die EFF dan nie dat wit boere gesorg het vir Zim se broodmandjie nie . Om Zim weer te laat werk HET julle goeie boere nodig. Kom nou EFF julle praat mos teen julle beter wete.

pieter ·

Shame EFF dis omdat die wit boere nie meer daar is nie dat die mense doodgaan vd hongerte want hulle weet niks van boerdery af nie. Lekker klappe op julle oe.

GAB ·

EFF is n spul kinder wat groot moet word. Hulle sien net wit en niks verder as dit nie….

CE ·

Los tog Zim uit om hulle eie besluite te neem! Hulle was jare ondermyn.

Ekke ·

Is dit dan apartheid??? Verdeel dan die land in verskillende kleure.as almal nie saam mag bly nie.dan is dit mos apartheid??? Of is ek verkeerd???

Proefvlug ·

Nou hoe dan nou anders… in die land van die blindes kraai die 1 oog koning. Die eff het gesien hoe die Mugabe beleid alles afbreek…. maar hulle Wil dit nogsteeds propageer … ag shame

alwyn burger ·

Natuurlik gaan wit boere terug verwelkom word. Dit is net die wit landbouer wat Zimbabwe weer ñ voedseluitvoerder kan maak! Gaan kyk wat Julius met sy plaas gemaak het. Lagwekkend! Ek sien jy het ñ mooi koloniale naam Quintin

omrix ·

Alwyn jy weet mos dit wat jy sê is nie waar nie. Gaan lees maar Jan Van Riebeeck se dagboek dan sal jy self sien wie was die top boere in die land

Ria Redelinghuys ·

Dis n deuntjie wat regtig afgestig raak Malema! Die arme mens moet so te kere gaan oor grond en wittes sodat hy die steun van sy tiener party kan behou. Kan iemand hom asseblief nie in die hoek laat staan nie? Hy klink soos n brommers!

Wilma ·

Julius hoe nou. Jy was mos aanbidder van Mugabe. Jy moet mos nou huil. Die grond is daar maar nie kundigheid ni. Hahaha

Renier Lubbe ·

Die EFF is bang dat indien wit boere weer daar begin boer dat die kos probleme in Zim uitgewis sal word wat sal bewys die wit boere is nodig.

Hansie ·

Ek glo nie daar is grond oor om terug te gee nie, hulle het dit klaar vir n appel en n selfoon aan die chinese verkoop

Theresa ·

Whaaaaaaaaaa ha ha ha ha. En nou is Ndlozi van EFF heeltemal verspot. Maar nou ja, dis nie iets nuut nie. Om so VAS TE KLOU aan ‘n idee wat juis soveel pyn, wanhoop en smart oor ‘n land gebring het – dit nou hier vanuit sonnige Suid-Afrika te bemark!!! Mog sy hoop om als so gulsig in arms toegevou te hou soos dit nou lank armoede daar versorg het, heeltemal die teenoorgestelde vorm aanneem. Banale, absurde denkwyse. Kwaadstoker van formaat – hoop iemand vandaar sê hom hy moet sy neus in sy eie besigheid hou.

Alida ·

Wie dink Malema is hy om vir Zim voor te skryf. Hou jou neus daaruit en maak planne om van bokwagter ontslae te raak.

Sputnik ·

Sóveel plase daar wat produktiewe tabak-, mielie-, beesvleis- en melkprodusente was is m.b.v. Mugabe se rampokkers beset. Honderde erfies is afgesteek, modder- en palehutte bedek met gras en ‘n klompie werfhoenders, bokke en beeste het gevolg – suiwer ‘n bestaansboerdery waar jy net die spul rondom jou se mae vul. Hier en daar het wit boere probeer saamboer met dié “invaders” (moderne setlaars?) op die 400 ha waartoe sy plaas verklein is, net om paar jaar later deur die kamtige “warlords” ook van die plase gedryf te word. Baie an die plase behoort aan kapelane en kolonelle en hoër rangetjies in die weermag, polisie, ens. Deur die week “werk” hy iewers vir die staat terwyl ander na die bokke en hoenders omsien. Watter regdenkende wit boer sal in elk geval nou daarheen wil terugkeer? Julius moet sy kop laat lees, en verkieslik nie deur ‘n sangoma wat dolosse gooi nie – gaan eerder na ‘n kopdokter met ‘n Westerse opleiding. Dalk kan hy “sense” in sy kop kry.

SjN ·

Hoekom het Julius nog nie gereageer op die video wat die rondte doen van die wit Afrikaner wat hom openlik uitgedaag het nie, bang soos gewoonlik

M ·

So asof die wit Boere sal terug gaan, net om weer oor n paar jaar verjaag te word.

Tanya ·

Wys jou net God kan tot die groot man laat val.Eff en zuma julle is volgende

Riaan ·

Ek wil nie die ou se bubble bars nie, maar as hy so anti-wit is, moet hy sy naam verander, want Quintin is nie ‘n Afrika stam naam nie? Ek sê maar net.

Rooi Jan ·

Ek hoop nie die boere is so dom om nou die mooi broodjies wat gebak word te aanvaar nie. Bly weg uit Zim laat hulle self regkom. As jy vir hulle gaan boer laat die staat die investering doen. Vat jou wins land uit sodat jy met net die klere aan jou lyf kan vlug wanneer hulle weer besluit jy is te wit.

Johannes ·

Absoluut Julius, Zimbabwe moet asseblief tog die grond eerder vir EFF ondersteuners gee sodat hulle ons kan wys hoe hulle kan boer en produseer. Dan kan hulle ons grond uitlos en mos ‘n punt bewys daar!

Louw ·

Djt is so reg. Vra Zimbabwe om vir grootbek Malema n stuk grond waar n boer weggejaag is te gee en hy moet daar boer net hy geen konsultante nie.

Aitoggie ·

Malema het nog nie honger gely nie, hulle BESEF nie regtig waar die kos vandaankom waaraan hy 3-4 keer n dag lekker smul nie. Vir hom is dit melk in n bottel en vleis in n pakkie, en mieliemeel op die winkelrak. Hy dink dit Sal nooit opdroog nie. Was hy al ooooit in die droogtegeteisterde gebiede van die land, waar dit soos verlate woestyne lyk?? Nee, want hy wil nie die werklikheid in die gesig staar nie.

Akademi Buktu ·

Gewese wit boere van Zimbabwe moet miskien ‘n veer uit die Zumaregering se hoed pluk – tree as konsultante op vir die Zimbabwiërs teen fenomenale tariewe.

John ·

Die Zimbawiers wat hier bly moet asseblief tog nie teruggaan nie. Hulle is baie meer ordentlik as lede van die EFF soos laasgenoemde se betogings/optogte gereeld bewys. Gee Zim vir die EFF en bly hier. Die EFF het ook ‘n driedekade-lewe onder ‘n ‘Mogabe’ nodig om tot hul sinne te kom.

Jacob Britharius ·

Dis duidelik dat Julius en die EFF baie geleer het by Mugabe en sluit sommer Zuma in. Daar moet moontlik ‘n kommissie aangestel word om vas te stel of die EFF die “derde mag” is wat verantwoordelik is vir moorde in SA. Zimbabwe is ‘n goeie voorbeeld hoe ‘n ekonomie vergaan as jou boere nie meer daar is nie en sou daar iets tussen Julius se ore gewees het, moet hy in Tanzania ‘n draai gaan maak. Daar sal hy uitvind wat die waarde van ‘n boer is en hoe welkom wit boere daar is.

Marina ·

Ek hoop regtig dat die nuwe regering in Zim nie sal luister na die klomp onnosel mense in SA nie en eerder besluit wat is die beste om Zim reg te ruk.

Ruby ·

Juliaaas, your friend Mugabe must know his place and the people is coming for him.

Het jy nie iets soortgelyks kwyt geraak nie whahaaa.

Domvraag ·

Verwaande arrogansie en rassisme. Die mense wil alles wat kolonialisme gebring het vir hulle self hê soos die westerse welvaart en lewenswyse en is hulle eintlik afgunstig op die witras wat as versinnebeeld gesien word van wat hulle graag sou wou wees.
Hoekom keer Malema nie terug na sy oorsprong en kultuur nie en los dit wat die wittes gebring het nie, wat sal beteken geen universiteite,hospitale,huise,motors, winkels en daardie duur pakke klere wat hy dra asook die KFC wat hy so geniet.
Kan Malema ook meer lig werp of hy n wit dokter sien en hoekom nie n sangoma?

Eddie de Jager ·

Volgens programme wat die afgelope dae gebeeldsend was oor die Zimbabwe geskiedenis blyk dit dat onteiende boere meestal middeljarig of bejaard was toe die radikale grondonteiening begin het. Dus, twyfel ek of daar nou ‘n terugkeer na Zim sal wees van blanke boere. In die woorde van Pres. G.W. Bush:”Fool me once, shame on you. Fool me twice, a fool ain’t get fooled again.” Die EFF veral, gryp nou na strooi halmpies om politieke punte te verower. Die voorbeeld wat Zim vir ons voorhou is dat selfs ‘n leier se ‘evil white man’ verskonings, om sy politieke agendas te bevorder, kan opraak. Die dag van regte rekenskap kom as jy nie meer die blanke die skuld kan gee vir alles nie en jou eie mense jou modus operandi bevraagteken.

Sarie ·

Malema as jy so besorg is oor Zimbabwe vat jou goed en trek soontoe, daar kan jy dalk gouer president word andersins hou jou neus uit daai land se sake uit. Wat daar aangaan het niks met jou te doen nie. Dit is mense soos jy wat gaan veroorsaak dat daar nooit verandering in Zimbabwe gaan kom nie

Chris Roos ·

Dit is juis daardie grond beleid wat tot die ondergang van Zimbabwe en Mugabe gelei het!

Werner ·

Ja nee hulle moet nie dan kan hulle almal doodgaan vd honger en die land sal bar lê om net gevat te word

Dina ·

Julius al waaroor dit vir jou gaan is dat Zimbabwe net nie weer toelaat dat wit boere daar boer nie. Jy gee nie ‘n flenter om of die mense dood gaan van die honger nie, het hulle ‘n veilige blyplek nie. Vir jou gaan dit net oor jous, want jy lewe mos LEKKER!!!!!!! Vir baie van ons wit mense gaan dit oor die MENS velkleur maak nie vr my saak nie. En ek voel baie jammer vir al die mense wat onderdruk word en swaar kry as gevolg van swak regerings!!!

Kilp-innie-bos ·

Ek gooi nou ‘n klip in die bos: moet alle Zimbabwiërs wat hier kom “skuil” het van geweldenaar Bob nou nie teruggaan en hul land help herbou nie? Dan is daar mos meer werk vir ons eie mense? Wie sal waag om DIT aan die groot klok te hang?

Ruby ·

Die Mugabe’s en Malema haat die wit mens so maar hoekom studeer die Mugabe’s se kinders in Suid Afrika…dit is dan wat die wit man opgebou het, hoekom nie julle eie gebruik nie?

Ou Juliaaas het sy seun in ‘n blanke meerderheid skool gesit…..shame ne, julle kan hoe wil skouers skuur met ons maar dit wat julle soek kom van BINNE en vloei deur ons ARE……respek, liefde, dissipline, godvresend, hardwerkend.

Obedience is better than sacrifice ·

Het ons as God se kinders nog nie geleer eerste nie? Kan ons nie onsself nederig hou en dankie se aan God vir die wyse waarop die veranderinge in Zimbabwe gebeur het nie, sonder dat enige bloed gevloei het die week en binne ‘n week, dis hoe God werk. Ons moet ophou ons monde uitspoel en met dieselfde mond verwag ons kan bid en God gaan antwoord op ons gebede. Kom ons gaan terug op ons kniee en vra vergifnis vir onsself en bid en vra God dat Hy sal gee dat die grond wel terug gaan na die boere en dat dit vir die res van Afrika en veral Suid-Afrika ‘n voorbeeld kan wees vir almal dat ons kan saam leef in een land sonder geweld. Dis die enigste uitweg, maar solank as wat ons volhou soos ons doen gaan God al meer terug staan nie omdat Hy wil nie, omdat ons ongehoorsaam is. Ons sien ‘n
‘probleem’ God sien ongehoorsaamheid. God het reeds ‘n waarskuwing uitgestuur oor komende 25 November dat Hy Sy kinders waarsku ons nie mag opgaan parelement toe nie. Wees baie versigtig, dis nie ‘n mens se waarskuwing nie, maar God se eie woorde. Wie is ons as mense om teen Hom te staan en onsself te probeer verdedig vir ons aksies? Ons kan lelik tweede kom en dan is dit net ons eie ongehoorsaamheid. Bid hieroor ernstig dat ons mense tot insig kom eerste voor ons ander wil voorskryf.

Andrea ·

Obedience, verduidelik asb van God se boodskap oor die optog die 25 ste?

Obedience is better than sacrifice ·

Andrea, God het gewaarsku so bietjie meer as week terug dat Sy kinders nie mag optrek na die parlement toe die 25ste November nie, want hierdie is nie ‘n geveg teen vlees en bloed nie, maar ‘n gees wat bloed wil laat vloei en wat gaan ons doen, die gees skiet, dood ry met ons trekkers, met ons hemde en plakkate teen hom staan? God se dit is ‘n geveg wat net Hy kan veg en ons moet op ons kniee bly en by Hom staan in ons swakheid sodat Hy die oorwinning kan gee as ons optrek parlement toe is dit nie in Sy wil nie. Dis hier waar dit dan gevaarlik raak, want vir alles is daar ‘n prys om te betaal, wil ons regtig ongehoorsaam wees na Hy ons waarsku, dit doen en dan wat? Besef ons wat is die gevolge hiervan of wil ons nie hoor nie en Hom ignoreer? Hy waarsku altyd vooraf, met Cain het God hom heeltyd vooraf gewaarsku kyk jou hart, met Samuel het God hoeveel keer vir die priester Eli gewaarsku, Samuel met Saul wat ongehoorsaam optree? God waarsku vooraf altyd, dis ons keuse luister ons of nie? Lees weer Daniel 10 dis Jesus wat voor Daniel gestaan het nie die engel Michael nie en Jesus se daar Hy veg teen die spirit prince van Persia en Hy gee krag vir Michael tydens die geveg, Mughabe se eie woorde ‘the Zimbabwean spirit’ weet ons regtig wie is die spirit nou?

Voeter aan ·

Dit is hartseer dat na al die het regtig niemand les geleer nie, gaan net oor rasisme teen wit boere… skiet dan maar julle self in die voet net sodat julle wit boere kan weg hou. Selfs die duur les het hulle niks geleer nie… voeter aan dan

Ben ·

Sal jy investeer in ‘n land wat geen respek het vir eiendoms regte? Ek dink nie so nie. Indien die plase nie aan hulle regmatige eienaars terug gegee word nie sal Zimbabwe net van een leier tot die ander gaan. Hulle sal nooit herstel nie. Die EFF dink dieselfde as Mugabe, daar is geen voorspoed in hulle jaloerse rassisme nie. Kom ons hoop Zimbabwe maak die regte besluite vir hulle kinders en hulle eie voorspoed.

HPV ·

Nee Malema, terugkeer na jou en Mugabe se derde wêrelde, ek dink nie so nie. Laat hulle maar die geplunderde plase hou. Dit wat hulle nie kon wegdra, is vernietig of doodgemaak. Geniet maar julle derde wêrelde hier in Afrika.

Anna ·

Ek het altyd gedink die ‘fossiele’ het probleme maar dit lyk my die Julius kleuterskool het dieselfde tipe probleme. Maatjies, wag maar dat julle kommunistiese bestel op jul toesak – jul gaan nog huil en dan is dit te laat om vir mammie te roep! Julle sal WEET wat verdrukking dan is…dis mos jul ideologie en ideaal maar julle soek ook geldjies sommer net verniet en om wittes weg te jaag en as almal weg is: WAT dan, Julius? Moenie vir my vertel julle gaan verdraagsaam teenoor mekaar wees nie. Shame!

boggom en bittergal ·

juliaaas en sy matjies is almal loosers. Ek hoop Zim se boere moet terugkom!! Dit sal sy mond snoer.

Trots Afrikaans ·

Met ‘n glimlag op my gesig blaai ek stil deur Siener se profisieë ……

Die slang sonder kop van Zim tot Vereniging
Die emmers bloed
Dit is droog en dan kom die reën

Seriaas? ·

Die EFF se kommentaar is voorspelbaar en dis nie ‘n geheim dat Mugabe groot respek onder paar ander swart leiers in ons land afgedwing het nie. Hy bly ‘n verlosser van wit onderdrukking, wat beteken dat hy steeds gesien word as ‘n “revolusionary” ongeag al die skade wat hy aangerig het aan die groot meerderheid van Zimbabwe en die land se ekonomie. Om mag oor te neem is een ding, maar om jou land te ontwikkel en op te bou is iets anders.

Ja, Mugabe is nou uit die prentjie, maar hoe verander dit die prentjie in terme van die ontwikkeling van die land en herstel van die ekonomie in Zimbabwe? Ek het nie die antwoord nie, maar ek kan nie sien dat iets wesenlik gaan verander solank die leiers van die land meer besorg is oor mag, besit en beheer as oor die welstand van sy mense.

Lekeman ·

Almal soek grond en niemand kan boer nie.
Dan wonder hulle hoekom gaan almal dood van die honger.
Ek gaan ook vrae vir grond,,sien wat sal daarvan kom,,groot grap hierdie,,wat het die EFF met Zim uit ..,niks

Ouma ·

Ek dink nie die wit boere wat uitgedryf is WIL teruggaan Zimbabwe toe nie. Hulle is nou boere in ander Afrika lande waar dié lande nou floreer. Waarom sal hulle nou alles los en teruggaan na Zimbabwe toe?

FJD ·

Lê altyd ‘n eier in die verkeerde nes!! Jeez Louise ……. ek dink nie dat enige mens sit en wag vir die teruggee van die grond nie.

Muisbraai ·

Ek moet egter vir Julius bes gee, die rot boerdery in Zim het die afgelope ruk fenomenale sukses behaal en die aanvraag is blykbaar ongekend in die geskiedenis van die land.
Hy is heeltemal reg om die kolonialistiese arrogante skaap en bees boere daar uit te hou en Zimbabwiers n regverdige kans te gun om eers die rotmark ten volle te vestig.

Piet ·

Ediologies gaan daar geen basis wees vir Juliaas en vir die EEF sou Zim besluit dat wit boere noodsaaklik is om die ekonomie weer te jump start, werk te skep en buitelandse se steun te verkry. Dit is hoekom hy nou so verwoed skerm om tog nie die poep wat hy sy volgelinge voer ongedaan moet maak nie. Ek dink enige persoon wat net n klein bietjie brein stof het kon mos sien wat die impak van Zim se “grab land policy”gehad het op voedsel voorsiening, werkskepping, inflasie, devaluasie van geld, bevolking ontworteling, buitelandse ontreking, politieke plundery ens.

Johan ·

EFF is n mickey mouse party. Hulle gaan net soos Mugabe hulle moses teekom.

Maria ·

Hoekom wil ons boere ons self so gaan verneeder om terug te gaan Zim toe ons mense was weg jaag vermoor ens… laat hulle , hulle eie probleme wat hulle geskep het self dra en kyk of hulle kan verbeter. Sterkte aan die land en sy mense. Mag Zim weer groei en sterk word.

Benni ·

Die nuwe grond baronne wel ja. Hoeveel het net Grace alleen en hoeveel het Bob!

Deon ·

Aha! Nou kan al die derduisende Suid-Afrikaanse Zimbaweers weer teruggaan na hulle land. Kom kerels, daar is baie opbou werk wat wag. Miskien sal die ANC dan nie meer so goed vaar op stemdag nie….

Gielie Hill ·

Die blanke boere sal nie terugkeer Zim toe. Hulle word op die hande gedra in Zambie en lewer rekord oeste daar. Hulle plase in Zim is ten gronde asook die Zim infrastruktuur.

Ounooi ·

Blanke boere moenie teruggaan Zim toe nie. Hier is honderde plase in S.A. te koop, van boedels van vermoorde boere.
Die grond is nog reg en dalk nog oeste op. Moet my nie verkeerd verstaan nie, mens bou nie jou geluk op n Ander se ongeluk nie. Die plase is deur die familie in die Mark geplaas omdat hulle nie kans sien om verder daarop aan te gaan nie.
Hoekom wil n boer in zim gaan sukkel op Barre grond wat tien teen een eers na 5 jaar of langer sy eerste oeste kan lewer?

Juliaaaas het nie n idee waarvan hy praat nie, in werklikheid is hy maar net n tweede Mugabe!!!

Frans C ·

Die grond is reeds in die hande van die mense wat dit afgeneem het.Doen dus iets met dit en as jy nie kan nie,moes jy dit nooit oorweeg het om dit af te vat by die wat kan.

Gee kans ·

Mense besef mooi, Zimbabwe se mense het nie gestem vir die ANC tot nou toe nie. Hulle werk hier uit nood uit, ons ken van hulle persoonlik en dis mense wat ‘n pad in geloof stap met God wat in ons eie kerke nie te siene is nie. Daardie mense was in ekstase Dinsdagaand en hulle het op en af gespring en gejuig en God geloof en prys en ten spyte van dit praat hulle oor Mughabe wat nie altyd so sleg was nie dat hy begin verander het na sy troue met Grace. Na dit het die vervolging gekom. Besef hulle se hom nie sleg nie ten spyte van alles wat hy gedoen het, hulle erken alles is verkeerd wat hy gedoen het, maar hulle fokus is op Jesus daarom dat studente met plakkate staan wat se Thank you Jesus, geen bloed of vure het gebrand in die week daar nie.Hulle wag om terug te gaan na hulle land toe, maar dit gaan tyd neem, wees versigtig vir ons woorde om teen hulle te wees. As hulle weg is, gaan ons mense regtig bereid wees om daardie werk wat hulle gedoen het te doen teen dieselfde betaling? Die werk was beskikbaar want ons mense wou dit nie he nie, dis ‘n groot verskil. Die mense wat Zimbabwe wil meer terug en vinniger terug as wat ons besef, maar daar is niks, gee kans en bid eerder vir hulle veiligheid die kant anders is daardie bloed op ons hande.

Theresa ·

Gaan die 2 nou in Benoni kom nesskop en ontspan na die jare se afbreek en vernietiging? Gelees dis waar die dame gebore is?

Johanna Botha ·

Wel onder sy bewind is die land verpulp waar lewensverwagting van 52 na 36 gedaal het en daar GEEN kos op die rakke is nie ….TOE boer dan! …julle kan mos ….wys ons TOE ! O wag nee dis mos altyd iemand anders se skuld as dit nie reen of daar n siekte is ….ons het mekaar nodig en meeste besef dit hopenlik na zim so sleg misluk het !

Afrikaanse Knaap ·

Ou Julius was tog te bly om sy plaas te verkoop toe SARS agter hom
aan was. Ek wonder oor die ras van die koper.

Vanessa Moore ·

Ek persoonlik sal nie weer die kans vat om daar te gaan boer nie, mens weet nooit wanneer word jou grond weer gevat nie. Jy kan nie eers hier boer sonder om elke sekond oor jou skouer te loer nie. Ek stem saam Julius moet saam sy volgers gaan en ‘n sukses maak van Zimbabwe, aangesien hy so slim is, nes Mugabe en sien waar het dit hom gebring (ha ha ha).

Eddie Roos ·

Ek dink ” Wit Boere ” behoort slegs as Kontrakteurs in Zim te opereer , waar die Regering vir al die Kapitaal investering verantwoordelik sal wees . Britanje het reeds laat blyk dat hulle betrokke sal wees in die herontwikkeling van die land ! Waar in die wêreld kry ‘n mens beter kwaliteit boere as in Suid -Afrika ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.