Zimbabwiese betogings is geborg, sê ANC

Tonele in Zimbabwe (6 Julie 2016) (Foto: ANA)

Tonele in Zimbabwe (6 Julie 2016) (Foto: ANA)

Die ANC het Dinsdag gesê hy is besorg oor betogings in Zimbabwe teen pres. Robert Mugabe se regering en dit beskryf as “geborgde elemente wat ʼn regimeverandering soek”.

“Die sukkelende Zimbabwiese ekonomie, wat al lank voortduur, moet nie ʼn lisensie gee aan elemente wat ʼn regimeverandering teweeg wil bring om onrus in Zimbabwe te laat herleef nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris van die ANC, gesê. “Elke inwoner van Zimbabwe moet begrip toon vir die moeilikhede en ʼn positiewe bydrae lewer tot die ekonomie.”

Mantashe het gesê Suid-Afrika sal die land bystaan as ʼn medelid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), maar dit is Zimbabwiërs se verantwoordelikheid om die inisiatief te ondersteun om hul land se ekonomie uit te bou.

ʼn Sosialemediaveldtog genaamd #ThisFlag en #ZimShutDown2016 het daartoe gelei dat Zimbabwiërs verlede week nie werk toe gegaan het nie, om te betoog teen Mugabe en die regerende Zanu PF. Die aktiviste betoog teen die sukkelende ekonomie, werkloosheid en laatbetaling van staatsamptenare se salarisse.

Die massabetoging, om van die werk af weg te bly, is ʼn betoging teen beweerde korrupsie in die regering en om Mugabe te dwing om te bedank ná drie dekades se heerskappy.

Videomateriaal en foto’s van polisiebeamptes wat inwoners aanval om die betogings te onderdruk, is wyd op sosiale media gedeel. Die organiseerders het intussen aangedui dat ʼn tweede betoging vir Woensdag en Donderdag gereël word.

Lees alle vorige berigte oor Zimbabwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Veritas ·

Toe ek, sowat twee maande gelede, in my kommentaar genoem het dat, volgens my inligting uit Zimbabwe, hierdie dinge gaan plaasvind, het een gereelde kommentator my kommentaar beantwoord met ‘Snert, Snert, Snert’. Jy weet wie jy is Mnr Apache. Erken nou maar dat my inligting betroubaar is.

Ouman ·

Die ANC weet alles van betogings wat “geborg” is. Hulle ry mense aan met busse. Ek dink die betogings in Zim is ‘n spontane reaksie van mense wat keelvol is vir ou Bob en sy bendes. Kyk mooi Mnr die president want jou beurt gaan kom.

KarooKlong ·

Absoluut ‘n raakslaan stelling. Stem 100% met jou saam. Hoop dit waai oor na ons toe.

Stem ·

Ek stem saam jou Ouman…..almal is net mooi keelvol vir hierdie Afrika rowers!!!!!

Edward ·

Wat se ekonomie? Hulle het niks behalwe welsynsorganisasies nie

MissDemeanor ·

AG asseblief Gwende Mantashe, die mense hoef nie geduld te he met die sukkelende ekonoie nie, dit is hulle reg om met ‘n demokratiese verkiesing ;n regime verandering te kry….hul demokratiese reg is nou al twee keer verkrag.

snoefie ·

plaas van betaal die anc hulle by suid afrikabier se probleme en vied hulle stemmers op. om nie Rommel te strooi nie. om nie te dis as n reg wat jy nie voor kan of wil betaal nie.

sue-ann ·

SA gaan hulle bystaan as medelid van die SAOG…..ek sien ń moeilike tyd vir ons as belastingbetalerin SA. Baie brandstofprysverhogings en uitvloei van ons belastinggeldjies…Wonder net wie gaan ons bystaan as die popo die “fan” hier slaan…

realis ·

Dis nou maar een ding van Gwede en sy ANC trawante. Daar is altyd ‘n derde mag betrokke wat as sondebok blameer moet word. Wys die vinger na hom en hy kyk om

Jan maak n plan ·

Ja ou Gwede, onthou altyd as jy vir mense vinger wys daar meestal drie vingers terug wys. Die betogins is geborg js – deur gatvolgeid. Kyk wat het in Pretoria gebeur. Wees verseker dit gaan nog baie hier gebeur as al julle skandes op die lappe gebring word.

Theresa ·

Het hul nog iemand daar rond om droog te maak? Dog almal sit hier in ons grasse en langs ons spruite totdat daar saans misdaad gepleeg kan word? Ok, so almal is nog nie hier nie…

danie ·

Die probleem is die lede van die publiek wat wel n verskil kan maak in zimbabwe, werk klaar in suid afrika wettig en on wettig. Ek sien hulle nie haastig terug gan na hulle land om n verskil te maak nie.

Maria van Dieweeck ·

As die laaste een oorsluip hiernatoe, dan kan ons dalk oor soheentoe! Eish ons sal net n plan moet maak met ou Bob, hy sal bly klou…ek wonder wanneer die duiwel beplan om hom te kom haal, sjoe hys al so oud

Vixie ·

Hahaha Maria, nie eens die ou duiwel wil hom he nie! Seker bang hy gaan die hel ook opfoeter soos hy Zim opgefoeter het

Hennie Parsons ·

Duisende kinders vd Here bid, daar sal ‘n verandering kom. Pragtige land met baie potensiaal
Hennie

Anoniem ·

Hennie ek stem saam maar dit gaan harde werk kos om Zim weer op koers te kry maar sonder Mugabe sal dit weer die broodmantjie van Afrika word.

Delta Mike ·

Siener Van Rensburg het gese “n pot vuur val om in die Noorde wat vinnig na ons kant versprei”
Zambia het onrus, Zim het onrus, Mozambiek het nou al 2 jaar konflik tussen Renamo en Frelimo wat eskaleer, almal Noordelike lande van ons. SA brand al hoe meer, die munisipale verkiesing is om die draai en dinge gaan nog erger raak hier voor 3 Augustus. Hopenlik is dinge vinnig aan die gebeur waarvoor ons al jare regmaak.

Berhalet Beukes ·

Mmm, ek sien Siener van Rensburg word deesdae meer gelofprys vir al sy “visies” as die woorde wat in God se Bybel staan… Geen wonder ons word so gestraf nie.

Berhalet Beukes ·

Ja en? Nes ANC geborg was in die apartheidsjare. Nes EFF nou geborg word.

Ai ·

Wilde bewerings … soos altyd word werklik oorsaak nie erken nie, al word die werklike rede deur die betogers op plakkate onder hulle neuse gevryf en gesonde verstand beklemtoon die rede.

Griki ·

Dis seker nie onmoontlik nie, Mantashe. En wie kan hulle kwalik neem. Ou Bob is besig om hulle ‘n hongerdood te laat sterf terwyl hy swem in die vettigheid van korrupsie wat hom skatryk gemaak het. En hulle is nie die enigstes wat ‘n regimeverandering wil hê (nodig het) nie, Suid-Afrika ook, voordat ons in Zim se posisie verval.

Nico ·

Ons regering moet mooi kyk dis hulle voorland mense is klaar gatvol vir die anc regering

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.