Shuvai Ben Mahofa, Zimbabwe se minister van regeringsake vir die Masvingo-provinsie, is dood kort nadat sy inmekaargesak het.
Chris Mushowe, minister van inligting, media en uitsaaidienste, het aan die staatsbeheerde Herald gesê Mahofa het inmekaargesak waarna sy na die Makurira-hospitaal gehaas is. “Sy is omstreeks 04:00 vanoggend dood.”
NewsDay, ʼn onafhanklike koerant, het twee jaar gelede berig Mahofa, toe 74 jaar oud, kon nie meer by die trappe na haar kantoor op loop nie en haar kantoor moes toe na ʼn laer vlak geskuif word.
Pres. Robert Mugabe sal Mahofa waarskynlik as nasionale held verklaar tydens die land se nasionale heldedag wat gewoonlik op 12 Augustus plaasvind, maar vanjaar eers later gevier word.
Mahofa, ʼn veteraanpolitikus wat tydens die bevrydingstryd ʼn “oorlogsgenoot” was, word oorleef deur vier kinders en 27 kleinkinders.
Jammer dit was nie ou Bob nie!
Ek wil nou die Oom wees van wie mense hou. Kon dit nie maar Mugabe gewees het nie?
Daan, oom Bob se dag is baie naby. Statistieke wys dat meeste mense sterf lank voor hulle 94ste verjaarsdag.