Zuma besing glo die lof van die 92-jarige Mugabe

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Die wêreld se oudste president, Robert Mugabe van Zimbabwe, het Sondag sy 92ste verjaarsdag gevier, en daar is nog nie enige duidelik opvolger in sig nie.

Sy politieke bondgenote het versoek dat 21 Februarie as ʼn nasionale vakansiedag afgekondig moes word, maar opposisiepartye het dié idee verwerp en gewaarsku dat ʼn kultuspersoonlikheid bevorder word.

ʼn Groot partytjie ter waarde van $800 000 (meer as R12 miljoen) met ʼn 92 kg-verjaarsdagkoek, word vir volgende naweek in Masvingo beplan.

Beamptes van Zanu-PF het gesê die vieringe sal voortgaan, ondanks eise deur opposisiepartye om die partytjie te kanselleer een eerder die geld te gebruik om meer as 3 miljoen Zimbabwiërs kos te gee wat deur hongersnood in die gesig gestaar word weens die droogte.

Pupurai Togarepi, sekretaris van die Zanu-PF-jeugliga, het gesê Mugabe se verjaarsdag is soos Jesus Christus sʼn, aangesien “albei gestuur is om die mense te bevry”.

Die jeugliga het gesê die droogte is nie Mugabe se skuld nie, en daarom is dit “sinneloos” om te versoek dat sy partytjie gekanselleer moet word.

Talle bankrot staatbeheerde maatskappye het advertensies in die regeringsbeheerde Sunday Mail en op Zimbabwe se enigste televisiekanaal gepubliseer om Mugabe geluk te wens. “Dankie, Bob. Nou het ons ʼn stem. Sedert 1980,” lui die koerant se voorblad.

Zimbabwe het sedert onafhanklikheid in 1980 nog net een leier verkies.

Dit is nog nie dadelik duidelik waar die maatskappye die geld gekry het om vir die groot advertensies te betaal nie. Talle staatsbeheerde organisasies, wat deur korrupsie en onbevoegdheid verwoes is, het al jare lank nog nie volle salarisse betaal nie.

Die weeklikse koerant het ook ʼn lang onderhoud met Suid-Afrika se pres. Jacob Zuma gepubliseer waarin hy Mugabe as “baie slim” en “ʼn duidelike denker” beskryf het. “Pres. Mugabe se wye kennis, ervaring en betrokkenheid in politiek in Afrika en die wêreld maak hom vindingryk. Daar is so baie wat ons van hom kan leer en die leiers van sy generasie wat opgestaan het, hul eie lewens gewaag het, kolonialisme oorwin het en bygedra het tot die bevryding van die streek en Afrika,” het Zuma glo gesê. “Pres. Mugabe is ʼn lopende ensiklopedie en historiese argief vir ons streek en kontinent. As huidige president van die Republiek van Suid-Afrika het ek baie onvergeetlike oomblikke saam met hom.”

Politieke analiste het gesê Mugabe het geen duidelike plan om sy mag oor te gee nie, en die ekonomiese lot van die land, waaruit 4 miljoen persone al gevlug het, vererger.

Mugabe se ambisieuse vrou, Grace, word beskou as een van die aanspraakmakers om by haar man oor te neem. Maar sy ontken dat sy die amp wil oorneem, een gesê Mugabe sal steeds bly regeer, “al moet ek hom in ʼn kruiwa werk toe stoot”.

Grace het op 12 Februarie aangekondig dat haar man aan die 2018 presidensiële verkiesing sal deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

vierkleur ·

O ja, Zuma julle kan so baie by mekaar leer . “101 way to mess up an entire country”.
miskien kan julle mekaar leer hoe om te tel ook

GES ·

Ek het al gewonder of daar nie van dubbelgangers gebruik gemaak word nie. Die werklike Bob leef dalk nie meer nie.

Louis ·

GREAT minds think alike!! In die land van die blindes is een oog koning.

EMK ·

@Louis – ja, my ma het altyd die hele ding gesê: Great minds think alike and fools never differ!

Daan Naude ·

Word ‘n man nie gereken aan sy vriende wat hy kies nie? Dan ook – hoe siniel en kinds kan ‘n person op 92 wees wat homself wil laat opheef tot simbool van aanbidding om sy eie tekortkominge te verdoesel.

neelsie ·

Bekende gesig.
Het onlangs lekker ontspan……’.Bosveld ook maar droog swaer’

Eliza-beth ·

As ek so na die foto kyk lyk dit of Bob en kie sommer self sy eie lof besing ;)

anta ·

4 miljoen al gevlug uit Zimbabwe!!! Wonder waar is hulle..haaaa hier in s.a! Ons rasistiese boere gee hulle werk, nou wonder ek net as ons nie meer kos het hier, waaar vlug die mense van s.a.kom ons dink mmmmmm!
Zimbabwe is bankrot
Mozambique is bankrot
Malawi is bankrot
swaziland is bankrot
Lesotho is bankrot
gaan op in afrika en kyk hoe suffer die mense om te oorleef..kan hulle glad nie dink dis hul eie toedoen nie..en dan gee amerika en europa net meer kos voorraad..dit gaan geen land help as jy net kos stuur die hele tyd jie, hulle gaan eenvoudig net wag vir die volgende wrag…gaan en help hulle om te boer of iets..of wil afrika se mense eenvoudig hande gevou sit…kyk op t.v en sien hoe sit daai mense en doen niks…hul lande..hul lewe gaan net agteruit..vat ons boere soontoe en sien wat gebeur!whaaaaallllaaaa kos

Mozambique is dom

m ·

Welcome to Africa. So lyk die hele Afrika. Die spulle hou partytjies van miljoene en hulle mense vergaan van die honger en ellende. Dis darem al bietjie tyd vir hierdie mal haas om af te tree maar hy is nog so hups, wonder wat is sy geheim……….

Vixie ·

Hi Mense, ek skryf hier omdat ek hoop iemand sien dit en kan inligting daaroor verskaf. Ek het op Facebook gisteraand iets gesien van ‘n beplande optog vir Afrikaans se behoud by TUKS en nog voor ek mooi kon kyk waaroor dit gaan, was dit skielik verwyder. Weet enige iemand iets van so ‘n optog wat beplan word?

tambotie ·

O liewe Maroela Media, ek sien jul verwyder my kommentaar sommer weer outomaties, baie baie dankie. Of het enige Bob ondersteuner my kommentaar uitgewys?

Frederik ·

My kommentare word ook nooit geplaas nie. Ek sal maar my R 104. 00 van Solitariteit gebruik en op Netwerk 24 inteken.

Swanna ·

Die verskil tussen moegab en Christus is dat Christus vir die mensdom omgegee het en hulle voedsel gegee het vir die siel sowel as die liggaam. As ons kyk na die verhaal van die drie vissies en die sewe broode. Het HY baie honger mense gevoed en nie aan sy eie baas gedink nie. So die Zanu-PF jeugliga moet ‘n bietjie meer bybel studie doen en lees. Van Zumbiie kan ons so iets verwag. Want die kadder het nie juis baie tussen die ore nie en diet sien ons sy besluite en sy optredes. As hulle mense wil begin vervolg vir RASSISME dink ek hulle moet maar eers Zumbie en sy parliment narre begin. Wat ‘n patetiese spul.

Albert ·

@ Maroela Media,
Die opskrif moet wees, Wêreld se oudste diktator,

Rynhardt ·

Mugabe gee R12miljoen vir n verjaardagkoek uit terwyl sy eie sterf van honger.Wat se dit van sy ondersteuners wat hom nog steefs ondersteun? So bly Zuma se ondersteuners ook aan hom getrou al het hy n paleis gekoop met belastingbetalers se geld, en hy het ook ekonomie vernietig! Wat se dit van Zuma se ondersteuners? Albei weet hoe om die massas te speel! Sou Mugabe binnekort tot sterwe kom is Zimbabwe in chaos! Daai honger Zimbabwiers kom dan in hul duisende oor die grens na SA! SA se grense is nie verniet oop nie!

stomverbaasde ·

Ja.
Die foto…sê…VAN BAIE LAG. KOM BAIE H U I L!

Jollie Jacqueline ·

Jesus het niemand dood gemaak nie, unlike Mugabe. Dit is belaglik om hom te vergelyk met Jesus!

Thomas ·

Hahahaahah.. Soos Marie Antoinette van Frankryk; as hulle brood vra gee hulle koek!!! Hahahaahha— wat n totale klomp imbesiele! Mens kan maar net lag– wat help dit om kommentaar te lewer oor mense wat in n gestig behoort.. Hahaah

Lila ·

92kg verjaarsdag koek!!!
Mense het nie kos nie……
So let them eat cake!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.