Wêreldbeker se Boeing-vlieënier sterf

Laurie Kay

Laurie Kay, ʼn legende in die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf, is Woensdag in die ouderdom van 67 oorlede. Kay was die vlieënier wat in 1995 tydens die Rugby Wêreldbeker-eindstryd met die Boeing 747 oor die destydse Ellis Park-stadion gevlieg het. Kay het glo weens ʼn hartaanval in die Kruger-wildtuin gesterf.

Phindiwe Gwebu, ʼn woordvoerder van die burgerlike lugvaartowerheid, sê Kay het ʼn groot rol gespeel in die land se lugvaartbedryf. “Sy kennis en vaardigheid laat ʼn groot leemte,” het Gwebu gesê. “Sy verlies kom op ‘n tyd waarin die bedryf gebuk gaan onder ʼn groot vaardigheidstekort. Nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.