Wêreldwye wyntekort voorspel

Argieffoto

Argieffoto

Navorsing deur Morgan Stanley Research (MSR) het bevind dat daar wêreldwyd ʼn tekort aan wynproduksie ondervind word.

Volgens dié navorsing is daar in 2013 ongeveer 300 miljoen kaste wyn te min geproduseer vir die wêreldmark. Dit is die grootste tekort in meer as 50 jaar, berig Huffington Post.

Wynproduksie gaan glo nog verder afneem en groot wynproduserende lande soos Frankryk, Spanje en Italië gaan moontlik nie meer die pas kan volhou namate die aanvraag vir wyn toeneem nie.

Volgens MSR, die gesaghebbende Amerikaanse navorsingsinstituut, kan verbruikers hulle regmaak vir ‘n wyntekort wat regoor die wêreld gevoel gaan word oor die volgende paar jaar.

Produksie in Europa, wat jaarliks sowat 60% van die wêreld se wyn produseer en uitvoer, is grootliks aan die afneem, omdat daar glo nie meer grond beskikbaar is om nog wingerde aan te plant nie weens droogtes wat dié kontinent teister.

Daar word bereken dat Amerika en China elk teen 2016 sowat 400 miljoen kaste wyn gaan aanvra. Amerika verbruik alleen sowat 12% van die globale wynproduksie.

Daar word reeds gevrees dat daar ‘n “groot tekort” gaan wees as produksie nie drasties toeneem, en daarmee volgehou word vir ten minste die volgende drie tot vyf jaar nie. “Dit gaan heelwat meer eis as net een goeie oes om in die aanvraag na wyn te kan voldoen,” sê MSR.

In China het wynverbruik per kapita in die laaste vyf jaar reeds twee keer verdubbel, en ‘n skerp toename in wynverbruik word ook in talle ander lande ondervind.

Die ‘nuwe wêreld’-mark, wat lande soos Suid-Afrika, Australië, Chili, Nieu-Seeland, Argentinië en Amerika insluit, voer gesamentlik net sowat 30% van die produk uit, wat hoegenaamd nie voldoende is nie. Alle oë gaan dus steeds op Europa gerig wees om die probleem te probeer hokslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Barry de Vaal ·

‘Spytig’. (Jammer.)
Gelukkig woon ons op die oomblik in België.
Hier is darem nog ‘n verskeidenheid uitmuntende biere om van te kies .
(Komende van ‘n persoon wat in SA nie eintlik bier gedrink het nie!)

Barry de Vaal ·

‘Spytig’. (Jammer.)
Gelukkig woon ons op die oomblik in België.
Hier is darem nog ‘n verskeidenheid uitmuntende biere om van te kies .
(Komende van ‘n persoon wat in SA nie eintlik bier gedrink het nie!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.