Werker by Medupi vas oor plofstof

ʼn Skoonmaker by die Medupi-kragstasie in Limpopo is Donderdag in hegtenis geneem nadat daar plofstof in sy besit gevind is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die 48-jarige skoonmaker is in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem. “Die man beweer hy het verlede maand die plofstof op die perseel gekry,” het Otto gesê. “Volgens hom het hy dit in ʼn houer in ʼn skuur gebêre en daarvan vergeet totdat hy gister (Woensdag) vir sy toesighouer daarvan vertel het.” Die polisie is na die perseel ontbied en die bomeenheid het die plofstof verwyder vir verdere ondersoek. Die polisie ondersoek ook waar die toestelle vandaan kom. Die man is in hegtenis geneem en word van die besit van ongelisensieerde plofstowwe aangekla. Hy sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.