Werker ernstig beseer ná vuuroond ontplof

ʼn Werker is Dinsdagoggend ernstig beseer ná ʼn vuuroond by ʼn fabriek in Germiston, Gauteng, ontplof het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, is dit nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar word daar vermoed dat ʼn onbekende voorwerp in die oond geplaas is.

“Die man het naby die oond gewerk toe dit ontplof het. Hy het ernstige brandwonde aan sy gesig, bors en arms opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die Netcare Union-hospitaal geneem,” het Wicks gesê.

Die departement van arbeid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wilma ·

Is die man ok, en mag ek weet by watter fabriek dit gebeur het asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.