Werker in sop oor EFF-baret

red-beret-eff-malemaʼn Werker by die Lanseria-lughawe in Gauteng het Donderdag ʼn finale skriftelike waarskuwing gekry omdat sy ʼn baret van die Economic Freedom Fighters (EFF) by die werk gedra het.

Lydia Leotlela (32), ‘n uitvoerende toesighouer wat onlangs by Julius Malema se party aangesluit het, het gesê sy het ʼn verskoningbrief geskryf omdat sy dit gedra het.

ʼn Vlugkaptein het op 30 September by haar seniors gaan kla nadat Leotlela ʼn EFF-baret saam met haar uniform gedra het terwyl sy passasiers op ʼn vlug ingeboek het.

“Ek dink die straf is swaar, maar dit sal my nie stop om my EFF-baret te dra nie. Ek sal dit net nie weer saam met my uniform by die werk dra nie,” het sy ná die tugverhoor gesê.

Lede van die EFF se provinsiale “bevelspan” het by die lughawe buite Johannesburg opgedaag om hul steun vir hul “suster in die revolusie” te wys. Hulle het nie ná die uitslag van die verhoor betoog nie.

“Ons is teleurgesteld oor wat gebeur het,” het Patrick Sindane, die woordvoerder van die EFF, gesê.

“Wat is dit waarvoor mense bang is? Hoekom teiken hulle diegene wat die rooi baret van die EFF dra? Dit is omdat hulle weet iets groot is aan die kom,” het hy met verwysing na volgende jaar se algemene verkiesing gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ampie van den bergh ·

JA EK STEM HEELTEMAL SAAM, DAAR MOET N GERDAGSKODE WEES BY ELKE MAATSKAPY, DINK DIT IS UITARTEND SOOS MALEMA SE TOESPRAKE, N BEWYS DAT HULLE WET EN ORDE GAAN IGNOREER EN NET GAAN MAAK WAT HULLE WIL, BAIE ORAGANT

fransie ·

Droom aan patrick sindane!! Al wat groot is is malema se ego!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.