Werker sterf ná hy 6 meter ver val

ʼn Man is Donderdagoggend in Benoni, Gauteng, dood nadat hy deur die dak van ʼn fabriek getrap en ses meter ver geval het.

Na wat verneem word, het die man op die dak gewerk. Hy was glo besig om op die dak te loop toe hy op ʼn verswakte gedeelte getrap en deurgeval het. Hy het omtrent ses meter ver geval en op ʼn sementvloer geland. Paramedici van Netcare911 het die man in ʼn poel bloed aangetref. Die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.