Werkers beseer ná hysbak val

Drie tegnici is Maandag ernstig beseer nadat ʼn hysbak waaraan hulle gewerk, drie verdiepings ver geval het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval by ʼn gebou in Sunninghill, Johannesburg, plaasgevind.

“Na wat verneem word, was die hysbak op die derde vloer met toue vasgemaak, terwyl die tegnici herstelwerk daaraan gedoen het. Hulle het op die hysbak se dak gewerk. Die tou het gebreek en veroorsaak dat die hysbak na die vloer tuimel,” het Wicks gesê.

Twee van die mans is in ʼn kritieke toestand en die ander het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Sunninghill-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die departement van arbeid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.