Werkers dood ná Eskom-tonnel ineenstort

Die Ingula-aanleg. Foto: Eskom

Die Ingula-aanleg. Foto: Eskom

Minstens vyf mense is dood en talle beseer toe ʼn tonnel Donderdag by Eskom se Ingula-aanleg naby Ladysmith ineengestort het.

Lt. Jack Haskins, ʼn woordvoerder van die polisie se soek-en-reddingseenheid, het gesê dit is nog nie bekend hoeveel mense ernstig beseer is nie, maar agt of nege mense word nog vermis.

Andrew Etzinger, ʼn woordvoerder van Eskom, het gesê daar was ʼn “voorval” en hulle wag vir meer inligting voor hulle kan kommentaar lewer. Daar is nog geen bevestiging of die slagoffers Eskom-werkers of kontrakteurs is nie.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die polisie is op die toneel om na die vermiste werkers te soek en na die beseerdes om te sien.

Die aanleg, wat nog onder konstruksie is, moet na verwagting volgende jaar in werking te tree. Die aanleg sal buite spitstye water van die Braamhoekdam teen ʼn hoogte van 470m die Drakensberge op, en dan na Bedforddam pomp. Tydens spitstye sal die water dan deur die tonnels vrygelaat word om elektrisiteit op te wek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.