Werkers staak by Mercedes-Benz

Duisende werkers van die Mercedes-Benz-aanleg in Oos Londen het met ʼn onwettige staking begin.

Bestuur van die maatskappy beplan om die hof te nader as die nagenoeg 1 600 werkers nie teen die einde van Maandag opdaag vir werk nie, het die Daily Dispatch berig.

Die werkers het Vrydag met die onwettige staking begin en alle bedrywighede by die aanleg tot ʼn stilstand gebring. Volgens die berig is dit die eerste keer in 24 jaar dat werkers van Mercedes-Benz staak.

Die staking kom te midde van spanning oor die maatskappy se veelbesproke planne om sy logistieke afdeling uit te kontrakteer. Dit maatskappy sê egter dié planne is nog nie gefinaliseer nie.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Mercedes Benz,kan nou maar sy fabrieke sluit in Suid Afrika,,,,,,,,,,,dit sal op die ou einde baie goedkoper wees om n nuwe aanleg in Duitsland te begin,en sy eie werklose volk te ondersteun,so ook vir Volkswagen,,,,,,,,,,,,,Goedkoop arbeid bestaan nie meer in Afrika !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.