“Werkgewer” steel baba

Argieffoto

ʼn Twee maandeoue babaseuntjie is onlangs deur ʼn vrou in Johannesburg ontvoer wat haar voorgedoen het as ʼn werkgewer.

The Star het Vrydag berig die polisie ondersoek ʼn saak van ʼn vermiste kind nadat Prince Muyambo drie weke gelede deur die sogenaamde werkgewer ontvoer is.

Victoria Muyambo, ʼn Zimbabwiese boorling en ma van twee kinders, het in Pretoria se middestad gebedel toe die vrou haar genader en werk aangebied het as ʼn huishulp. Sy was baie bly oor die vooruitsig en het saam met die vrou op ʼn trein geklim op pad na Tembisa in Ekhurhuleni, waar die vrou kamstig gebly het.

“Sy het aangebied om Prince te dra, kort nadat ons uit Pretoria vertrek het,” het Muyambo gesê. Toe hulle in Johannesburg se middestad aankom, het die vrou aangebied om ʼn paar goedjies vir die baba te gaan koop. Die vrou, wat steeds vir Prince gedra het, het toe spoorloos in ʼn supermark verdwyn.

Muyambo sê die vrou is kort en het ʼn donker velkleur. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.