Werktuigkundige is SA se nuutste kitsmiljoenêr

Suid-Afrika se nuutste kitsmiljoenêr is ʼn werktuigkundige van Durban wat die naweek R25 miljoen gewen het in die Nasionale Lotery.

IOL berig dat die man in sy 30’s is en verkies om nie geïdentifiseer te word nie. ʼn Woordvoerder van die lotery-operateur Gidani, Thembi Tulwana, sê die man speel gereeld Lotto en het vir die naweek se trekking ʼn R40 “quick pick” kaartjie gekoop. Die man het Maandag sy prys opgeëis en “beskryf hoe onrustig hy was toe sy kaartjie geverifieer word aangesien hy nie meer seker was of hy gewen het of nie.” Tulwana sê die man gaan een van grootste wense vervul deur vir hom ʼn huis te koop. Gidani bied emosionele berading en finansiële advies vir groot wenners. Tulwana sê meeste wenners verkies om anoniem te bly om veiligheidsredes aangesien hulle nie wil hê “almal moet aan hulle deur kom klop vir geld nie.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.