Werktuigkundige moet R1.8 miljoen opdok vir hamer-woedebui

Argieffoto

William Carrington, ʼn voormalige vliegtuigwerktuigkundige van Denel Aviation, moet R1.8 miljoen opdok nadat hy tydens ʼn woedebui toerusting met ʼn hamer stukkend geslaan het.

Denel Aviation het ʼn hofbevel van die hooggeregshof in Pretoria verkry waarin hulle toegelaat word om die geld van Carrington se pensionfonds te verhaal, het The Star Dinsdag berig.

As daar nie genoeg geld in die fonds beskikbaar is nie, moet die res van die geld afgeskryf word, het regter Ronel Tolmay bevind.

Carrington het in 2005 die kontrolepaneel en vier onderdele van ʼn Rooivalk-helikopter met ʼn hamer verwoes.

Luidens hofdokumente het hy tydens die voorval aan depressie gely en wou hy bedank het. Hy het sy baas se sekretaresse vir ʼn bedankingsvorm gevra, maar sy het glo geweier om dit vir hom te gee en gesê hy moet terugkeer hy bedaar het. “Dit het my meer ontstel en die volgende oggend het ek my woede op die toerusting uitgehaal,” het hy in sy verklaring aangevoer.

Carrington het tydens ʼn dissiplinêre verhoor skuldig gepleit waarna ʼn dagvaarding uitgereik is. Hy kon egter nie deur die hof opgespoor word om die dagvaardiging aan hom te oorhandig nie, aangesien hy nie meer by sy voormalige woonadres opgespoor kon word nie. Hy is uiteindelik in ʼn skuiling vir haweloses in Kempton Park opgespoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.