Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig

Argieffoto. Foto: Nardus Engelbrecht/Sapa

Die polisie moes Woensdagmiddag met rubberkoeëls op vermeende stakende plaasarbeiders losbrand nadat hul betoging vir beter lone in De Doorns gewelddadig geraak het.

Die N1-deurpad by dié dorp is ook vir verkeer gesluit nadat betogers Woensdagoggend voertuie met klippe bestook het. Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, sê nagenoeg 50 mense is regoor die provinsie weens publieke geweld in hegtenis geneem sedert die betoging vroegoggend begin het.

“Die onlustepolisie is ontplooi om die situasie by De Doorns onder beheer te bring,” het hy gesê. Die polisie is ook op hoë gereedheid by Pine Valley buite Wolseley nadat ʼn groep vermeende werkers probeer het om ʼn optog na die dorp te hou waartydens klippe na die polisie gegooi is. Betogers het ook werkers wat nie staak nie, geïntimideer en verhoed om by die werk uit te uitkom.

Die protes is deel van die eerste dag van hernieude loononderhandelings. Die stakende werkers eis ʼn dagloon van R150. Talle verdien tans R60 ʼn dag.

Lees ook:
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie Els ·

Word daar nie meer video geneem van alles wat gebeur by optogte nie?
Dit kan mos gebruik word om al die skuldiges aan die pen te ry.

Daar is `n verskil tussen `n betooging en vadalisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.