Wes-Kaap gekant teen alkoholverbod

Argieffoto

Robin Carlisle, die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, is gekant teen die voorgestelde totale verbod op alkoholgebruik vir motoriste.

Die Cape Argus het Maandag berig Carlisle het aan Ben Martins, nasionale minister van vervoer, geskryf om sy kommer hieroor uit te spreek.

Hy het aangevoer dat die land nie ‘n struktuur in plek het om dié wet te bestuur of af te dwing nie, weens die tyd wat dit neem vir bloedtoetse en die gebrek aan asemtoetse by padblokkades.

“Byna al die lande met die beste veiligheidsrekords, soos Engeland, Frankryk, Duitsland, Australië en Amerika, het ‘n minimum wettige alkoholperk,” het hy gesê.

Carlisle het voorgestel dat daar eerder meer gedoen moet word om die omkeertyd vir bloedtoetse te bewerkstellig en veldtogte op te skerp om mense se gedrag oor alkoholgebruik te verander.

Lees ook:
Totale alkoholverbod vir motoriste kry momentum
Alkohol-gebruikers se doppie dalk geklink

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.