Wes-Kaap-onluste: Boere moet onderhandel, sê minister

Minister Mildred Oliphant

Mildred Oliphant, minister van landbou, het Vrydag gesê boere moet na die onderhandelingstafel kom om te help om die gewelddadige onbeskermde plaasarbeiderstaking in die Wes-Kaap tot ʼn einde te bring.

“Ek is nie oortuig dat daar ʼn ernstige poging van boere aangewend word om te onderhandel nie,” het sy in ʼn verklaring gesê.

“Ek versoek ook boere om hul werkers by die onderhandelinge te betrek, aan die einde van die dag is die belangrikste aspek die onderhandeling tussen die werkgewer en werknemer,” het sy gesê.

Sowat 118 beweerde plaaswerkers is tot dusver in hegtenis geneem wees intimidasie, betreding en openbare geweld sedert die staking Woensdag hervat is.

Die N1 by De Doorns en die pad tussen Ceres en Touwsrivier is ook vir verkeer gesluit nadat betogers dit met klippe en glas versper het.

Lees ook:
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Naas Scholtz ·

Nou begryp ek nie soo mooi nie! Die Oliphant persoon beweer boere moet onderhandel? Maar boere het mos onderhandel en werkers het werk aanvaar op ooreengekome besoldiging. In alle gevalle meer as die ANC regime se ooreengekome minimum lone. Wat is daar te onderhandel?
Of werk dit so as mens iets vir bedrag verkoop en dit kom by betaling dan moet koper meer as dubbel betaal? Ten spyte van vooraf ooreengekome prys? Wat van al die ‘ander’ byvoordele wat boere vir werkers gee? Soos gratis kos, water, behuising, vervoer, energie? Kan boere dit dan aftrek van die soos ooreengekome loon?
Het die werkers werk aanvaar teen vasgestelde loon en nou wil hulle meer as dubbel soveel hê?
Kan die boere met Oliphant, Fransman en Ehrenreich onderhandel om in te staan vir verdubbelde pryse vir boerdery produkte? Indien die staat ooreenkom om werkers se lone met so 100 tot 150 % te subsideer kan daar waarskynlik onderhandel word.

H J Bester ·

Al wat minister Oliphant hoef te doen is om die geweldigheid van die stakings in die kiem te smoor en verder moet sy die stakers wat nie plaaswerkers is nie, terugstuur huis toe.

Die ganse aangeleentheid is kunsmatig en word op verlerlei wyses deur die ANC en Cosatu aangehits om boerdery in die Wes-Kaap te destabiliseer vir eie politieke gewin.

Dit sal nie vir Oliphant help om die boere na ‘n onderhandelingstafel te dwing as jy en haar regering nie bereid is om die geweld stop te sit en ‘n klimaat te skep waarbinne onderhandelinge vreedsaam kan verloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.