Wes-Kaap-staking begin weer volgende week

Plaasarbeiders in die Wes-Kaap sal volgende week weer begin staak ná onsuksesvolle loononderhandelings tussen AgriSA en die regering.

“Ons is nou op die punt waar die mandaat van die werkers is om op 9 Januarie weer met die staking te begin,” het Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van die vakbondfederasie Cosatu, gesê. Ehrenreich sê AgriSA en individuele boere het nie veel in terme van onderhandelings aangebied nie, en werkers het geen keuse as om met hul staking voort te gaan nie.

Werkers eis ‘n dagloon van R150. Talle verdien tans R80 per dag. Die staking is einde 2012 opgeskort op die voorwaarde dat onderhandelings tussen arbeidsverteenwoordigers en individuele boere sou voortduur.

Ten minste twee mense is tydens die gewelddadige staking tussen 27 Augustus en 4 Desember oorlede.

Lees ook:
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize Mans ·

Hoe kan Tony die mense so mislei.Dit is deur sy propaganda dat die stakers so optree.Die meeste van hulle-het nie eens n werk nie,maar hulle word gebruik om te staak.

Tony,waarvandaan kom jou kos-so hou op met jou streke.Dit gaan oor die ANC en nie die plaas werkers nie.

Los die plaas werkers uit-sodat hulle kan werk,.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.